Kaapse sopraan wen ATKV kompetisieDrama/musiek/vermaak volg jou oral...3 Boeremusiek CDs te wen!

Kaapse sopraan wen ATKV kompetisie

Palesa Malieloa (24) is die algehele wenner van die nasionale klassiekesangkompetisie, ATKV-Muziqanto.  Lees meer

Drama/musiek/vermaak volg jou oral...

...dís die tema van ons kunstefees advertensies. Hier's ‘n voorskou vir jou!  Lees meer

3 Boeremusiek CDs te wen!

RSG se Boeremusiek sonder grense is pas op die rakke, en jy kan dalk een wen!  Lees meer

Kompetisies

WEN R10 000 IN DIE RSG / MMS RUGBYRAAIKOMPETISIE!

WEN R10 000 IN DIE RSG / MMS RUGBYRAAIKOMPETISIE!

Dit is weer sulke tyd! RSG se gewilde rugbyraaikompetisie is terug met die vriendelike samewerking van die MMS GROEP Geoktrooieerde Rekenmeesters. Al wat jy moet doen, is om die eindtelling te voorspel in Die Springbokke en Australië se wedstryd op Saterdag 1 Oktober 2016 in Pretoria.

Om in aanmerking te kom vir die kontantprys, stuur 'n SMS na 34024 met jou antwoord. Tik die woord BOKKE, laat ‘n spasie en dan jou voorspelling van die eindpunt van die Springbokke, laat ‘n spasie, en dan die eindpunt van Australië. Elke SMS kos R1.00.

Indien daar meer as een wenner is, sal ‘n trekking gedoen word. Die kompetisie sluit ‘n uur voor afskop om 16:00. Die wenner word op Maandag 3 Oktober in Tjailatyd (15:00 - 18:00) aangekondig.

Gaan ook na www.mmsgroep.co.za vir meer inligting.

PROBLEME MET KLANKSTROOM OP TOEPASSINGS (APPS)
Daar is 'n probleem met die klankstroom op RSG se slimfoontoepassings. Ons is besig om dit reg te stel. Gebruik intussen TuneIn Radio se toepassing, wat afgelaai kan word in die PlayStore en AppStore.

Wat Gebeur?

Woon RSG se gesondheid-en-styl-uitsending by

Woon RSG se gesondheid-en-styl-uitsending by

Mariëtta Kruger, Sue Pyler en Marí Hudson is jou gasvroue op Woensdag 12 Oktober van 09:00 tot 12:00 by die Thaba Eco Hotel in Klipriviersberg, Johannesburg. Hulle gaste is hartchirurge drr. Susan Vosloo en De Villiers Jonker, ‘n kenner van metaboliese siektes en oorgewig, prof. Tess van der Merwe, en mode-ontwerper Suzaan Heyns. Brandon October en Steffie le Roux is die gaskunstenaars.

Een van die mense wat die uitsending bywoon, sal een nag se luukse akkommodasie, aandete, ontbyt, ‘n R500 spa-bewys en ‘n ekorit ter waarde van R5 500 wen.

Skakel 011-959-0717 nou om jou sitplek en ontbyt te bespreek. Dit kos R150 per persoon.

Gaan na www.thabahotel.co.za om te sien watter aktiwiteite die Thaba Eco Hotel alles bied.

  • Christelike radiodrama-skryfkompetisie
    Christelike radiodrama-skryfkompetisie

    RSG en Cordis Trust bied weer vanjaar ‘n Christelike radiodrama-skryfkompetisie aan. Cordis Trust bevorder die Afrikaanse woordkuns en span saam met RSG om ook die skryf van godsdienstige of geestelike radiodramas aan te moedig. Daar word spesifiek gesoek na radiodramas vir uitsending op Kersdag 2016 en Goeie Vrydag 2017. Die wendrama ontvang R5 000 prysgeld, asook ‘n verdere opvoerfooi wanneer die drama uitgesaai word. Daar is dus twee pryse – R5 000 vir beste Kersdrama en R5 000 vir beste Paasdrama.

    Inskrywings vir beide die Kersfees- en Paas-radiodrama moet ons teen Maandag 17 Oktober 2016 nie later nie as 08:00 bereik. Vir meer inligting kontak Flip Loots gedurende kantoorure by 012-998-2389. Laai die volledige handleiding hier af.

    Klik op LAAI AF hieronder vir die kompetisiereëls en inskryfvorm.

     Laai af  

  • Help kinders en staan 'n kans om groot te wen!
    Help kinders en staan 'n kans om groot te wen!

    Jy het die mag om ‘n kind te laat lag!  Gee vandag nog ‘n donasie van R30!

    SMS KINDERS na 41511 (R30 per SMS) om in aanmerking te kom vir 'n Peugot 208, kontant of ‘n vakansie in Mauritius.

    Die RSG/Beeld-kinderfondsprojek help kinders in nood. Meer inligting by www.facebook.com/Beeld-Kinderfonds-286782468069605/?fref=ts.

Middagvervolgverhaal

Middagvervolgverhaal

14:45-15:00
Dinsdag 27 September

DUIKERBAAI SE DINGE deur André Kotzé
Episode 4: Gerrit betree Skipper Lee se visstoor en soek apparaat wat vir stropery gebruik word, as bewyse van misdaad. Cornelius skryf Josephine se naam heel bo-aan die lys in sy “swart boekie” van troukandidate, maar skrik groot toe hy sien hoe die “viswyf”, Elsa, vir dokter Chris hanteer.

SA Top 20

24 SEPTEMBER 2016
  • 1
    Refentse,
    My hart bly in 'n taal
  • 2
    Riana Nel,
    Jy sal weet
  • 3
    Touch of Class,
    100 Duisend Perde
  • 4
    Verskeie Kunstenaars,
    Now That's What I Call Music 73
  • 5
    Lebo Sekgobela,
    Restored - Live at Hope Restoration Ministries
  • 6
    Manie Jackson,
    In duet met ons legendes
  • 7
    Vusi Nova,
    Naninina
  • 8
    Musa,
    Mr. Serious
  • 9
    Verskeie Kunstenaars,
    Now That's What I Call Dance 8
  • 10
    Dewald Wasserfall,
    Jy is die storm
  • 11
    Snotkop,
    HKGK
  • 12
    Ricus Nel,
    Ouskool Boerseun
  • 13
    Verskeie Kunstenaars,
    Now That's What I Call a Song
  • 14
    Jay en Lianie,
    Vir Liefde
  • 15
    Dr Tumi,
    Love and Grace
  • 16
    Verskeie Kunstenaars,
    House Afrika: Mzansi House Volume 4
  • 17
    Verskeie Kunstenaars,
    Now That's What I Call Legends
  • 18
    Jaziel Brothers,
    Out of the box
  • 19
    Verskeie Kunstenaars,
    Ultimate One Hit Wonders
  • 20
    Verskeie Kunstenaars,
    Afrikaans is groot 8