HittegolfTrap suutjiesEn toe sien ek die 1e keer...Kan Ďn opera-sangeres Ďn glas...

Hittegolf

Op een helse warm dag, loop klomp dinge erg verkeerd...Luister weer.  Lees meer

Trap suutjies

...want dié diertjies word al skaarser in SA.  Lees meer

En toe sien ek die 1e keer...

...die Noordeligte. ‘n Luisteraar vertel.  Lees meer

Kan Ďn opera-sangeres Ďn glas...

met haar stem versplinter? Hoor wat sê die kenners in Hoe verklaar jy dit?  Lees meer

Wat Gebeur?

Versoek om benoemings vir aanstelling van lede in die Raad van die SAUK

Versoek om benoemings vir aanstelling van lede in die Raad van die SAUK

Instellings en/of individue word versoek om persone te benoem om vir die res van die ampstermyn van die huidige SAUK-raad drie vakante poste vir nie-uitvoerende lede in die Raad te vul, soos bepaal in artikel 13(8) van die Uitsaaiwet, Wet Nr 4 van 1999.

Vereistes
Lede van die Raad, oor die algemeen beskou, moet persone wees wat:
• geskik is om in die Raad te dien op grond van hul kwalifikasies, kundigheid en ervaring op die terrein van uitsaaibeleid en tegnologie, uitsaairegulasies, mediawetgewing, sakepraktyk en finansies, bemarking, joernalistiek, vermaak en onderwys, en maatskaplike - en arbeidsaangeleenthede
• verbind is tot regverdigheid, vryheid van spraak, die reg van die publiek om ingelig te word, sowel as oopheid en aanspreeklikheid
ten opsigte van diegene wat openbare ampte beklee
• ’n breë spektrum van die bevolking van die Republiek verteenwoordig
• verbind is tot die doelwitte en beginsels soos in die Handves van die SAUK uiteengesit
• Suid-Afrikaanse burgers is en wat permanente inwoners van die Republiek is.

Skriftelike benoemings moet die volle naam en adres van die instelling en/of individu bevat deur wie die benoeming gedoen word, die benoemde se skriftelike aanvaarding van sodanige benoeming en sy/haar Curriculum Vitae, wat die volgende inligting moet bevat:
• volle naam, ID-nommer en geslag
• kontakadres, telefoon- en faksnommers en e-posadres
• vorige ervaring (meld betrokke datums en organisasies)
• gewaarmerkte afskrifte van akademiese kwalifikasies en Identiteitsdokument.

Benoemings en navrae moet gerig word aan Thembinkosi Ngoma, Portefeuljekomitee oor Kommunikasie (vir aandag: die Komiteesekretaris), 3de Vloer, Pleinstraat 90, Kaapstad, 8000, of per e-pos gestuur word na tngoma@parliament.gov.za of gefaks word na 086-522-5740. Telefoonnavrae kan gedoen word deur (021) 403-3733 te skakel.

Die sluitingsdatum vir benoemings is Vrydag 15 Junie 2018, om 16:00. Neem asseblief kennis dat benoemdes aan ’n kwalifikasie-ondersoek en sekerheidsklaring onderwerp sal word. Benoemings wat laat ingedien word, sal nie oorweging geniet nie.

  • RSG/Sanlam Radiodrama- skryfkompetisie prysgeld tot R100,000 verhoog!
    RSG/Sanlam Radiodrama- skryfkompetisie prysgeld tot R100,000 verhoog!

    Die RSG en Sanlam Radiodrama-skryfkompetisie spog vanjaar met prysgeld ter waarde van R100 000. Die wendrama sal vanjaar R37 000 ontvang, terwyl die tweede en derde plek met prysgeld van onderskeidelik R30 000 en R18 000 bekroon sal word. En die Jong Skrywer (jonger as 30 jaar) sal R15 000 ontvang. Buiten die prysgeld word die wendramas ook op RSG uitgesaai.

    Hier is ‘n kans om jou verbeelding vrye teuels te gee en boonop jou storie op radio te hoor. Klik op die logo (links) vir ‘n paar skryfwenke hoe om vir die radio te skryf. En bly ingeskakel op RSG vir die aankondiging oor die twee gratis skryfskole wat in onderskeidelik in Kaapstad en Johannesburg aangebied sal word.

    Die sluitingsdatum vir die 2018-kompetisie is Maandag 16 Julie.

    Klik op LAAI AF hieronder om die handleiding (met kompetisiereëls en inskryfvorm) af te laai.

     
    Laai af  

Regsake

Regsake

11:30-12:00
Maandag 28 Mei

Ian Wessels gesels met Igna Klynsmith oor die volgende regsvrae: Is dit verpligtend dat die prokureur wat in die koopkontrak van eiendom aangedui word, die oordrag daarvan behartig? Beïnvloed die feit dat 'n geskeide pa gay is die besoekregte ten opsigte van sy kinders? Kan die bepalings van 'n testamentêre trust later verander word? Wie is aanspreeklik vir jou mediese koste as jy beseer word by 'n rolbalklub?

SA Top 20

26 MEI 2018
  • 1
    Klipwerf Orkes,
    50 Jaar se Hoogtepunte
  • 2
    Verskeie Kunstenaars,
    Now That's What I Call Music 78
  • 3
    Jo Black,
    Skepe
  • 4
    Joyous Celebration Choir,
    Joyous Celebration 22: All for You
  • 5
    Verskeie Kunstenaars,
    In Afrkaans 2
  • 6
    Ed Sheeran,
    Divide
  • 7
    Appel,
    Boer loop deur my are
  • 8
    Sun-EL,
    Africa to the World
  • 9
    Verskeie Kunstenaars,
    Afrikaans is groot 2017 - Die Konsert
  • 10
    Elizma Theron,
    Hierdie hart brand liefde
  • 11
    Elandré,
    Kleindorp Dromer
  • 12
    Verskeie Kunstenaars,
    Now That's What I Call a 20th Century
  • 13
    Toni Braxton,
    Sex and cigarettes
  • 14
    Steve Hofmeyr,
    Skree
  • 15
    Dumi Mkokstad & Thinah Zungu,
    Ebeke Walunga u Thixo
  • 16
    Verskeie Kunstenaars,
    Andrew Lloyd Webber Unmasked: The Platinum Collection
  • 17
    Calum Scott,
    Only Human
  • 18
    Verskeie Kunstenaars,
    Vreesloos Vrou
  • 19
    Touch of Class,
    100 Duisend Perde
  • 20
    Verskeie Kunstenaars,
    Now That's What I Call a Road Trip