Sam CookeBeproewing is ons...Die geheime stowwe in uieStap saam deur die strate van SowetoMusiekkonserte in die Wildtuin!

Sam Cooke

Luister vanaand in Die Midas van Musiek na die musiek van Die Koning van Soul en ook rock ‘n roller.  Lees meer

Beproewing is ons...

...nuwe middagverhaal wat op 21 Augustus begin. Dis die opvolgverhaal ná die gewilde Afsluiting deur Joe Kleinhans.  Lees meer

Die geheime stowwe in uie

Hoe werk die chemiese stowwe in uie wat jou oë laat traan en wat kos lekker laat smaak? Wetenskaplikes verduidelik in Hoe verklaar jy dit?  Lees meer

Stap saam deur die strate van Soweto

Estelle Bester word die 'Moeder van Soweto toerisme' genoem. Ontmoet 'Mama Soweto' en ontdek Soweto in dié dokumentêr. Luister Donderdagaand.  Lees meer

Musiekkonserte in die Wildtuin!

Kom beleef Barok in the Bush, ‘n spesiale reeks Barok-konserte van 19 – 26 September by Shingwedzi in die Krugerpark.  Lees meer

Wat Gebeur?

Taalprogram nou in boekvorm

Taalprogram nou in boekvorm

Gholfspelers streef almal daarna om ’n voëltjie of arend te slaan, maar hoeveel mense weet dat jy ook ’n albatros, kondor en volstruis op die gholfbaan kan behaal? Wanneer praat jy van ’n skuifie en wanneer is dit skyfie? Wat is die verskil tussen transkribeer en translitereer? Is die hoofstad van België Brussel of Brussels? Verwissel jy van baan of laan op ’n snelweg? Wanneer is iets skadeloos en wanneer onskadelik? Is dit biljoen of miljard?

Vir jare al, Sondae net ná elf, is taalnavrae soos hierdie in RSG-program Die tale wat ons praat beantwoord. Deesdae heet die program Taaldinge, maar luisteraarsnavrae word steeds bespreek. Hierdie boek kan gelees word as ’n gids ter aanvulling van die radioprogram – ideaal vir mense wat hou van keurige en korrekte gebruik van woorde en uitdrukkings, maar nie geïntimideer wil voel deur voorskriftelikheid nie. Vir elkeen wat getrou by die radio luister – en almal wat lief is vir Afrikaans!

Die boek is ‘n lekkerlees interessante boek, maar gee ook leiding oor kwelvrae soos wanneer praat ek van moreel en wanneer van moraal.

Nou beskikbaar by boekwinkels en aanlyn.

  • Registreer nou as orgaanskenker
    Registreer nou as orgaanskenker

    Deur te registreer as ‘n orgaanskenker, kan jy tot sewe ander mense se lewens red wanneer die tyd daar is! Het jy geweet dat weefsel ook geskenk kan word? Weefsel soos senings en kraakbeen kan gebruik word vir ortopediese, tandheelkundige en neurochirurgiese pasiënte wat deur trauma, amputasie, of periodontiese siektes geaffekteer word. Jou vel kan ook baie mense help.

    RSG ondersteun Orgaanskenkmaand!

    Gaan na odf.org.za of skakel tolvry 0-800-22-66-11 vir meer inligting of om gratis te registreer. Gaan Like ook hulle Facebookblad by https://www.facebook.com/organdonorfan/

Middagvervolgverhaal

Middagvervolgverhaal

14:45-15:00
Maandag 20 Augustus

LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever
Episode 60 (slot): Sybrand is ‘n vereensaamde, patetiese figuur. Hy weet sy einde is naby, maar hy klou verbete vas aan die lewe in die hoop dat Henning sal kom sodat hy sy seun net nog een keer kan sien.

SA Top 20

18 AUGUSTUS 2018
  • 1
    Verskeie Kunstenaars,
    Now That's What I Call Music 79
  • 2
    Lebo Sekgobela,
    Umusa
  • 3
    Verskeie Kunstenaars,
    Vat 5 met Derrich Gardner 7
  • 4
    Zonke,
    L.O.V.E.
  • 5
    Snotkop,
    Sous
  • 6
    Karen Zoid,
    Republiek van Zoid Afrika Vol. 5
  • 7
    Nathi,
    Ipuhupha Labantu
  • 8
    Verskeie Kunstenaars,
    Volksbesit - Afrikaans is Groot
  • 9
    Jo Black,
    Skepe
  • 10
    Dirk van der Westhuizen,
    Sexy Vi My
  • 11
    Verskeie Kunstenaars,
    Now That's What I Call a Singer
  • 12
    Verskeie Kunstenaars,
    House Afrika: Mzansi House Volume 8
  • 13
    Joyous Celebration Choir,
    Joyous Celebration 22: All for You
  • 14
    Verskeie Kunstenaars,
    Klankbaan: Mamma Mia! Here we go again
  • 15
    Tarryn Lamb,
    Mal oor jou
  • 16
    Jan Blohm,
    Die Liefde Album
  • 17
    Verskeie Kunstenaars,
    Krone 5
  • 18
    Sun-EL,
    Africa to the World
  • 19
    Lady Zamar,
    King Zamar Deluxe
  • 20
    Khaya Mthethwa & Oasis Worship,
    All about Jesus