KoelkopHandré en Claude die sjimpStem en wenHaan se spoor

Koelkop

Sy ouers is bekommerd. Hul 16-jarige seun, met die bynaam Koelkop, ly aan internet-uitputting. Luister Donderdagaand na dié drama oor ‘n tegnologie-verslaafde tiener deur Leon van Nierop.  Lees meer

Handré en Claude die sjimp

Wat het die rugbyheld met ‘n gebreekte wangbeen en die sjimpansee met ‘n beseerde kakebeen in gemeen? Luister Woensdag na Gesondheid op RSG.  Lees meer

Stem en wen

CapeNature bestuur 24 van die mooiste natuur reservate in die Wes-Kaap wat oornagverblyf, kampeer plekke en ‘n verskeidenheid aktiwiteite aanbied. Stem vir jou gunsteling reservaat en staan die kans om 'n wegbreek ter waarde van R5000 te wen.  Lees meer

Haan se spoor

Waar kom ‘n hoenderhaan se spoor vandaan? Ons leer ook meer oor klippies en skerpioene.  Lees meer

Nou op die lug

Deurnag (Woensdag)

00:00-04:30

Empty

Interaktief

Wat Gebeur?

RSG Skatkis is terug!

RSG Skatkis is terug!

RSG Skatkis is van 1 tot 3 Desember terug met ‘n spesiale klankbederf van musiek, woordkuns en drama. Daar is vanjaar vyftien produksies, wat ses debute insluit. En die deelnemers wissel van dertien tot negentig jaar oud!

Die gordyne word op Sondag 1 Desember gelig, en sluit ‘n hele paar debute, verrassings en ‘n konsert deur ‘n bekroonde wonderkind in. Al die aanbiedinge is gratis, en luisteraars kan wêreldwyd via RSG se webblad luister of op 100 tot 104 fm inskakel. Die volledige skedule sal later op RSG se webblad gepubliseer word. RSG Skatkis 2019 is moontlik gemaak deur ‘n borgskap van die Dagbreek Trust.

Daar is twee konserte in die M1-ouditorium by SAUK in Johannesburg wat jy kan bywoon:

Sondag 24 November (15:00) - Mike Wang (VOL BESPREEK)
♦ Dinsdag 3 Desember (20:00) - Kitaarkonings

Bespreek so gou moontlik by muriel@rsg.co.za. Daar is 'n beperkte aantal sitplekke beskikbaar. Dit is gratis om die konserte by te woon.

Klik op LAAI AF hieronder, om die program af te laai.

 
Laai af  

  • Die MSL is terug!
    Die MSL is terug!

    Die Mzansi Superliga-krieketreeks is terug! Die SABC is die amptelike uitsaaiborg van die reeks. RSG sal jou op hoogte hou van al die wedstryde van 8 November af tot 16 Desember. Pieter van den Berg, Jody Hendricks en Ettienne Ludick sal by elke wedstryd wees om jou op hoogte hou van al die krieketaksie. Gaan na http://rsg.co.za/sports-skedule.asp vir die skedule van al die wedstryde.

  • Unieke kyk-en-luisterwoordeboek in sewe tale
    Unieke kyk-en-luisterwoordeboek in sewe tale

    The Talking Dictionary is die enigste oudiovisuele-woordeboek wat sleutelwoorde en frases verbind met volkleur illustrasies en klank, en hoe om dit uit te spreek in sewe van Suid-Afrika se amptelike tale. Klankgekodeerde inhoud in die woordeboek gee vir jou effekte, soos byvoorbeeld die geluid wat ‘n dier maak en die klank van ‘n musiekinstrument. Daar is 19 temas in hierdie klankboek, onder meer oor die heelal, wetenskap, musiekinstrumente, sportsoorte, diere, kulture en kossoorte. Om die hele prentjie en ervaring te kry van hoe dit werk, gaan na www.briza.co.za/talkingdictionary/ of kontak hulle by 012-329-3896.

RSG Landbou

RSG Landbou

04:30-05:00
Woensdag 13 November

Johan van der Schyff, 'n eierprodusent van Plettenbergbaai, is aangewys as Toyota en Agri SA se Jongboer van die Jaar. En Sewis van den Horst, ‘n vrugteprodusent van die Villiersdorp-omgewing, is aangewys as die Toyota New Harvest Boer van die Jaar. In Augustus vanjaar het finalejaar-studente van die Universiteit van Pretoria se Fakulteit Veeartsenykunde aan ‘n dragtigheidsdiagnose-uitdaging deelgeneem. Clemens Lichtenberg het met die louere weggestap, en hy vertel vir Lise Roberts vanr sy studies en wat hy tydens die uitdaging geleer het.

SA Top 20

9 NOVEMBER 2019
  • 1
    Verskeie Kunstenaars,
    Afrikaans is groot 12
  • 2
    Samthing Soweto,
    Isphithiphithi
  • 3
    Verskeie Kunstenaars,
    Vat 5 met Derrich Gardner 8
  • 4
    Amanda Black,
    Power
  • 5
    Manie Jackson,
    My beste en meer
  • 6
    Verskeie Kunstenaars,
    Hardebaard Kuierliedjies
  • 7
    Robbie Wessels,
    En sy Bokke staan saam
  • 8
    Ami Faku,
    Imali
  • 9
    Bok van Blerk,
    Hoor ons!
  • 10
    Verskeie Kunstenaars,
    Now That's What I Call Music 81
  • 11
    Verskeie Kunstenaars,
    Amapiano 5
  • 12
    Benjamin Dube,
    Glory in His Presence
  • 13
    Dumi Mkokstad,
    Calvary CD and Bonus DVD
  • 14
    Verskeie Kunstenaars,
    House Afrika: Mzansi House Volume 10
  • 15
    Klipwerf Orkes,
    Hantam - Dis die Lewe (C'est la vie)
  • 16
    Ricus Nel,
    Pure Plaas
  • 17
    Lebo Sekgobela,
    Hymns and Worship Season 1
  • 18
    Touch of Class,
    More magic
  • 19
    Joyous Celebration Choir,
    Joyous Celebration 23: Live at the CTICC Cape Town
  • 20
    Appel,
    Patriot