EposTwitter

Aanbieders

TERUG NA AANBIEDERS

Suzanne Paxton

  • SASA teleurgesteld oor suikerbelasting verhoog is
    Donderdag 21 Februarie 2019

    Die Suid-Afrikaanse Suiker Vereniging s hy is teleurgesteld dat daar 'n toename sal wees in die Gesondheids- Bevorderings- Heffing of die sogenaamde suikerbelasting. Die uitvoerende hoof van die vereniging Hans Hackman s met die voorgestelde heffing skat hulle dat die vraag na suiker met 200 000 ton per jaar sal daal.

  • ESKOM ontbondelingsplan niks nuut nie sê kenner
    Dinsdag 12 Februarie 2019

    'n Senior navorser by die Energie Navorsings-sentrum by die Universiteit van Kaapstad Hilton Trollip s, hy kan nie verstaan hoekom die president s hy is verras oor die beurtkrag wat nou ingestel is nie. Trollip s Eskom betaal nou vir sy besluit om 'n destydse opdrag van oud-president Thabo Mbeki te ignoreer.

  • Onderwyser word op sosiale media geboelie oor haar klere
    Maandag 11 Februarie 2019

    Nog 'n onderwyseres bevind haar midde 'n sosiale media storm. Dit na fotos van haar by die skool op sosiale media versprei is. In die twiet s die twitter gebruiker Lufuna Mathoni, aan die LUR vir onderwys in Gauteng, Lesufi Phanyaza dat sy departement dit moeilik maak vir kinders om skool deur te kom. Dit met die verwysing na die juffrou se kleredrag. Twitter gebruikers versprei dan die fotos verder met kommentaar vir of teen haar. Lulu Menziwa reageer later in 'n video en vra dat mense haar moet uitlos, wat haar dan verder blootstel aan beledigings en snedige opmerkings. Elda de Waal die Waarnemende direkteur van EDURIGHT by die departement van opvoedkunde by die Noodwes Universiteit se Potchefstroom kampus s die klagte is nie op die regte platvorm bespreek nie. Sy s verder is baie skoolkinders se gesigte in van die fotos sigbaar en dit is 'n gevaarlike speletjies wat twitter gebruikers speel.

  • Elana Barkhuizen praat met Spektrum, kort nadat haar skorsing opgehef is.
    Donderdag 24 Januarie 2019

    Die arbeidshof in Johannesburg het die skorsing van die juffrou van Laerskool Schweizer Reneke opgehef. Die hof het ook beslis dat sy mre al kan terugkeer werk toe. Elana Barkhuizen is deur die LUR vir onderwys in Noordwes geskors nadat 'n foto op sosiale media versprei is wat toon hoe swart en wit kinders in 'n klas geskei is. 'n Ouer van een van die kinders het die foto op sosiale media versprei en ges dit is blatante rasisme. Die Noordwes departement van onderwys, het laat gistermiddag laat weet dat hulle nie die saak gaan teenstaan in die hof nie en sal berus by die besluit van die hof. Dr Dirk Herman die uitvoerende hoof van Solidariteit, wat Barkhuizen in die hof verteenwoordig het, was saam met Barkhuizen in Spektrum se ateljee.

  • Centurion gemeenskap sit voet neer oor Hennopsrivier
    Maandag 21 Januarie 2019

    Honderde inwoners van Centurion het die afgelope naweek begin om 'n gedeelte van die Hennopsrivier in Centurion skoon te maak. Die rivier loop deur die Ekhuruleni-, Johannesburg- en Tswane metro's en is met plastiek, riool en ander gemors besoedel wat ongehinderd daarin gegooi word. Die riool besoedeling was op 'n tyd so erg dat die skuim oor die bre wat oor die rivier loop geborrel het. Die grootste probleem tans is plastiek besoedeling. Die skoonmaak sessie het plaasgevind in Rivierview park, reg oorkant Supersport park in die skadu van die Gautrein spoorlyn

  • Olifante word sonder tande gebore in Mosambiek weens stropery
    Dinsdag 15 Januarie 2019

    Owerhede in die Gorongosa Nasionale Park in Mosambiek s hulle kom al meer olifante te wat nie tande het nie. Navorsers op die gebied het vasgestel dat die tandlose olifante 'n indirekte gevolg van olifant stropery in die land is. Dr Marc Stalmans, die Direkteur van wetenskaplike dienste in die Gorongosa Nasionale Park, verduidelik dat die stropers olifante met tande gestroop het en die wat nie tande het nie, gelos het. Hy s dit het daardie gene poel kans gegee om verder en vinniger uit te brei.

  • Projek om Hennopsrivier skoon te maak
    Dinsdag 8 Januarie 2019

    Die Fresh nie-regerings organisasie met 'n reuse poging begin om die Hennopsrivier in Centurion skoon te maak. Riool besoedeling, chemiese besoedeling en plastiek besoedeling dreig om die riviersisteem te verwoes. Mense wat in die omgewing bly is die afgelope week begroet met 'n muur van plastiek wat teen een van die bre vasgespoel het na die goeie reenneerslae. Willem Snyman van Fresh s hulle gaan op 19 Januarie probeer om die plastiekwal geheel en al te verwyder.

  • Plastiekbesoedeling in Durbanhawe het sosiale media aan gons
    Dinsdag 8 Januarie 2019

    'n Video van 'n duiker in die Durban- hawe wat nie uit die water kan kom nie weens die besoedeling , het sosiale media gebruikers aan die praat. Die video is oorspronklik deur die Clean Surf Project op hulle Facebookblad gedeel om bewusmaking te skep oor die besoedelings- probleem in die hawe. Een van die stigterslede van die Clean Surf Project, Candice Harding s besoedeling en veral plastiek besoedeling is besig om die kusgebiede en die see te verswelg.

  • 2018 was 'n donker omgewingsjaar !
    Maandag 7 Januarie 2019

    2018 was 'n donker jaar wat betref omgewings-sake. Suzanne Paxton en Danny Booysen het 'n samestelling van, van die belangrikste kwessies wat die bewarings agenda oorheers het in 2018, en wat in 2019 voorl

  • Ramaforie
    Dinsdag 18 Desember 2018

    President Cyril Ramaphosa vier vandeesmaand sy eerste jaar as ANC-president. Hy is op 18 Desember verlede jaar by die ANC se 54ste verkiesingskonferensie met 'n skrale meerderheid oor Nkosazana Dlamini-Zuma tot di posisie verkies. Hoewel dit nog twee maande sou neem voordat hy as President by Jacob Zuma oorgeneem het, het die land reeds in daardie stadium 'n magdom verwagtinge aan hom gestel. Izak du Plessis en Suzanne Paxton neem Ramaphosa se eerste jaar in onskou....