Nou op die lug

Spektrum

13:00-14:00

Interaktief

EposTwitter

Aanbieders

TERUG NA AANBIEDERS

Mètzi van der Merwe

  • Disleksie
    Maandag 13 Januarie 2020

    Op 'n lys van inspirerende aanhalings vir mense met spesiale behoeftes, is hierdie een van Noel Helm: Being disabled does not mean Un-abled, just Different-Abled. Dit is hoe Willemien du Toit s sy grootgemaak is. Sy het eers op die rype ouderdom van 36 by 'n Britse Universiteit gehoor dat sy nie daar kan studeer nie, omdat sy ernstige spesiale behoeftes het - 'n vorm van disleksie. Dit is egter 'n diagnose wat sy op sy kop gedraai het. Mtzi van der Merwe doen verslag.

  • 'n Legende Museum vir kunstenaars open binnekort sy deur in Pretoria
    Maandag 13 Januarie 2020

    'n Legende Museum vir kunstenaars open binnekort sy deure in Pretoria. Die idee kom van Shaun Mynhardt, nadat hy n sy oom se dood 'n tas met toekennings gekry het. Sy Oom was die veteraan akteur Siegfried Mynhard, en die gedagte was om 'n plek te kry waar akteurs, skrywers, musikante en joernaliste wat vir veertig jaar 'n rol in die velde gespeel het, te vereer. Maar daar was egter ook bekendes wat genader is, wat nie in die museum vereer wou word nie. Volgens Shaun Mynhardt open die museum aan die einde van Januarie, en sal besoekers vrywillige donasies gevra word. OUTRO: Die verslag is beeindig met CR de Swardt se weergawe van Al l^e Die Berg Nog so Blou op sy "Die Loslit Album". Metzi van dre Merwe mon 13 1 2019

  • Strenger vereistes aan vlugtelinge wat asiel in Suid-Afrika soek
    Woensdag 8 Januarie 2020

    Die Wet op Vlugtelinge van 2008 het op 1 Januarie in werking getree. Dit stel strenger vereistes aan vlugtelinge wat asiel in Suid-Afrika soek. Dit sluit in 'n verbod op deelname aan politieke aktiwiteite, beperkings op die werk wat hulle hier mag doen, en dat hulle hulle status as vlugtelinge kan verloor indien hulle selfs net 'n ambassade van hulle land van oorsprong sou besoek. 'n Strafregkenner by die Universiteit van Pretoria, Llewellyn Curlewis, twyfel egter of die wysigings aan die Wet op Vlugtelinge wat van 1 Januarie geldig is, werklik 'n verskil gaan maak. Metzi van der Merwe het met hom gepraat.

  • Medisyne is duur vir pasiënte met geestessiektes
    Saterdag 28 Desember 2019

    Sowat 40 van die pasinte by die Thandanani-sentrum vir mense met geestessiektes het Kersfees hierdie week by di inrigting gevier. Net sowat 20 van die pasinte kon huis toe gaan. Dit blyk dat daar 'n tekort aan noodsaaklike psigiatriese medisyne is. Metzi van der Merwe het met die direkteur van die Thandanani-sentrum, Margie King, gepraat.

  • Durban is die groenste stad in die wêreld.
    Vrydag 20 Desember 2019

    Dis amptelik, Durban is die groenste stad in die wreld. Dis volgens die jongste Husqvarna Urban Green Space Indeks. Di digitale innovasie gebruik rekenaartegnologie en tegnieke op satelliet beeld om die hoeveelheid groen gebiede in 'n streek op te spoor. Durban word erken as die stad met die hoogste persentasie groen gebiede en het die grootste boomryke stadsgebied.

  • Inwoners beplan regsaksie oor besoedeling
    Woensdag 11 Desember 2019

    Die Milnerton Kanoeklub gaan die hof vra om die Kaapstad metro te dwing om die ho vlak van besoedeling in die plaaslike strandmeer op te ruim. Klublede en die Milnerton Inwoners Vereniging het 'n betoging met plakate gehou, met die opening van die nuwe houtbrug wat die voorstad met die strandgebied verbind.

  • Dieetmark loop verbruikers die meeste in
    Dinsdag 26 November 2019

    Die Federale Handelskommissie in die VSA het pas sy jongste verslag bekend gemaak, op watter terreine Amerikaners die meeste deurgeloop het onder bedrog van bemarkers. Ons wetenskap-korrespondent George Claassen het aan Mtzi van der Merwe verduidelik wat die verslag se bevindings is.

  • Matrieks se veiligheid nie verseker nie
    Vrydag 25 Oktober 2019

    Die navorsings-professor in die eenheid Onderwys en Menseregte in Diversiteit aan die Noordwes Universiteit, Professor Elda de Waal, s daar is 'n oordrewe klem op matriekresultate, terwyl baie nie eers veilig is, terwyl hulle skryf nie. Dit behalwe dat moontlike beurtkrag ook 'n baie belangrike mylpaal in hulle lewe negatief kan beinvloed. Volgens haar is di twee elemente uiters belangrik en ontbreek dit van gereedheidsbasis vir die eksamen soos deur Umalusi verklaar is.

  • Woord van die week
    Vrydag 25 Oktober 2019

    "Siesa, hier kom Desember se kakkerlakke" lui 'n opskrif vandeesweek in Die Burger. Dr. Willem Botha, die hoofredakteur en uitvoerende direkteur van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal bespreek die woorde: kakkerlakke, kokkerotte en ander goggas en siesa.

  • Versoek om Barberton tot rampgebied te verklaar
    Woensdag 23 Oktober 2019

    Die waternood is so groot in Barberton dat opposisie-lede die ANC-Stadsraad gevra het om aansoek te doen om die dorp tot 'n rampgebied te verklaar. Monitor kon nie die woordvoerder van die Stadsraad op Barberton, Joseph Ngala, opspoor nie, maar die DA-Raadslid, Phillip Minnaar s die Lomatie dam is tans 20% vol.