EposTwitter

Aanbieders

TERUG NA AANBIEDERS

Haidee Muller

  • De Rust-skoolprojek
    Donderdag 29 November 2018

    Haidee Muller kuier op De Rust in die Suid-Kaap waar die horskool se hoof , 'n gemeenskapsleier en 'n sakeman hulle ontferm oor behoeftige skoolkinders. Hulle doen 'n beroep op vakansiegangers, wat deur die dorpie ry, om hand by te sit.

  • Suster Elvira Whittles
    Woensdag 15 Augustus 2018

    Haidee Muller ontmoet vir suster Elvira Whittles, die verpleeghoof en matrone by Swellendam Hospitaal. Sy speel n groot rol by sowel die hospitaal as in die behoeftige gemeenskappe van die dorp. Eintlik woon sy op Wellington saam met haar gesin, maar as jou passie jou na Swellendam toe roep, dan maak jy n plan. Sy pendel deesdae tussen Swellendam en Wellington.

  • Jo Fritz
    Woensdag 25 Julie 2018

    Haidee Muller gesels met Jo Fritz, n sjef en entrepreneur van Calvinia, oor sy liefde vir die Hantam,die Karoo en die Noord-Kaap. Weet jy wat 'n kliprib is, en hoe om dit gaar te maak? Jo vertel ons ook hoe om dit te doen.

  • DIE SHACK-BOUER EN FREEDOM FARM SE MENSE deur Haidee Muller
    Donderdag 19 Julie 2018

    Haidee Muller het die lief en leed van die inwoners van die Freedom Farm-plakkerskamp op die Kaapse Vlakte gaan ervaar. Sy het daar vir Lluwellyn Adams, alombekend as Ten Thousand, en sy twee perde ontmoet, saamgery op sy perdekar om te kyk hoe hy, soos hy s, n living maak. Sy het gehoor van die einas van die gemeenskap, maar daar is ook n storie van hoop en dankbaarheid om te vertel. Toe kruis Haidee se pad met die opvoedkundige sielkundige, Quinton Adams, oftewel Die Shack-bouer. Hy het hom oor die inwoners van Freedom Farm ontferm en uit sy hart, en meestal ook sy eie sak, vir hulle hutte gebou. En, ten spyte van armoede en haglike omstandighede, is hier ook n trots wat die harte van Freedom Farm se inwoners weer laat warm klop.

  • Mynhardt Joubert
    Dinsdag 17 Julie 2018

    Ons ken hom as 'n bekende sjef, wat medewenner was van 'n realiteitskompetisie, maar Mynhardt Joubert is soveel meer as dit. Baie min mense weet dat hy eintlik 'n balletdanser was in sy grootwordjare op Ficksburg. Hy vertel hoe ongewild hy was omdat hy anders was, maar hoe sy andersheid hom eintlik tog so verryk het. Haidee Muller het by sy pragplek gaan koffie drink in die Paarl. Daar het sy gehoor wie Mynhardt werklik is, een dat hy 'n mens is wat glo dat jy moet gee.

  • Laetitia se taxi
    Woensdag 11 Julie 2018

    Haidee Muller klim in Laetitia Solomons se taxi by Vlottenburg op Stellenbosch. Laetitia is 'n taxibaas, en hoewel dit meer algemeen is dat vroue ook taxi's bestuur, is daar steeds mense wat verbaas is wanneer hulle haar agter die stuur aantref. Al skud-skud op die kronkelende plaaspaaie, het Haidee meer uitgevind oor hierdie besonderse vrou, wat haar eie TV-program het oor haar taxi en passasiers.

  • Adalia Sorg op Swellendam
    Donderdag 5 Julie 2018

    By Adalia Sorg op Swellendam ontmoet Haidee Muller die engele wat hulle ontferm oor babas wat hier beland omdat hulle mammas nie meer vir hulle kan sorg nie. Sy hoor daar die wonderlikste verhaal van hoop.

  • Jeremy vannie Elsies
    Dinsdag 3 Julie 2018

    Hy het n vol dagboek, maar Haidee Muller het dit reggekry om saam met generaal-majoor Jeremy Vearey, eens op n tyd Madiba se lyfwag, te gan koffie drink. Hy gesels oor sy aanhouding op Robbeneiland, ondergrondse MK-werk, en baie meer. Sy boek JEREMY VANNIE ELSIES het alma aan die gons.

  • Christine Bam se koorskool
    Donderdag 28 Junie 2018

    Christine Bam is 'n operasangeres, wat kinders in Kaapstad se noordelike voorstede oplei in koorsang. Hierdeur stel sy die kinders bloot aan musiek, leer hulle wat dissipline is, en hou hulle van die state af. Sy gee hulle weer selfvertroue. Haar koor behaal uitstekende punte by die verskillende Eistedfodds a.g.v. die passie van hierdie talentvolle jong vrou. Sy werk in Mitchell's Plain, Eersterivier, Kraaifontein, Elsiesrivier en Bloekombos, en die kinders wat sy oplei is reeds soos een hegte familie. Haidee Muller het tydens 'n onlangse kooroefening in Goodwood by die JG Meiring Horskoolsaal gaan inloer.

  • Oom Pietie se organiese tuin
    Dinsdag 26 Junie 2018

    Haidee Muller kuier by die 71-jarige Oom Pietie. Hy verbou organiese groente op 'n lappie grond in Swellendam. Hy verkoop die groente en organiese kompos, en het ook 'n erfenismuur waar hy allerhande oudhede vertoon, wat hy met sy tuinmakery uitskoffel.