Epos

Aanbieders

TERUG NA AANBIEDERS

Lise Roberts

  • RSG Landbou 19 September 2018
    Woensdag 19 September 2018

    Die Santam Landbou Nasionale Kuilvoerkompetisie bereik hierdie week tydens Alfa op Parys, sy hoogtepunt. Die projekleier, dr. Robin Meeske, vertel van die kompetisie wat al ‘n paar jaar plaasvind. Hy vertel ook waarom ‘n land soos China belangstel in dieselfde model wat in Suid-Afrika ontwikkel is. Nog ‘n groot gebeurtenis op die landboukalender is Nampo Kaap wat op Bredasdorp gehou is, en Jannie de Villiers van Graan SA gesels oor die geleentheid.

  • RSG Landbou 18 September 2018
    Dinsdag 18 September 2018

    Dit is vandeesweek tyd vir die jaarlikse ALFA by die Afridome in Parys, en een van die geleenthede is die Hinterland Interrasvleisbeeskampioenskap. Die onwettige handel in sigarette neem ernstige afmetings in Suid-Afrika aan. Francois van der Merwe van die Tabakinstituut vertel hoe dit tabakprodusente raak. En Lynette Louw berig oor die afloop van die eerste Nampo Kaap, wat op Bredasdorp plaasgevind het.

  • RSG Landbou 17 September 2018
    Maandag 17 September 2018

    Die Afrikaner-beestelersgenootskap het onlangs ‘n suksesvolle veiling en kongres gehou. Hennie Maas praat met die president van die genootskap, dr. Pieter de Kock, oor die geleentheid. Magda du Toit van Landbouskrywers SA het Nederland besoek om die kongres van die Federasie van Landboujoernaliste by te woon, en sy vertel aan Lise Roberts wat hulle in die Laelande gedoen het. Daar is ook ‘n gesprek met Ernst Retief van BirdLife South Africa oor die rol wat landbou kan speel om die voëllewe in Suid-Afrika te bewaar.

  • RSG Landbou 13 September 2018
    Donderdag 13 September 2018

    Die wenners van die 2018 Standard Bank Chenin Blanc Top 10-uitdaging is onlangs bekendgemaak. Nico Groenewald, die hoof van Agribesigheid by Standard Bank, verduidelik wat hulle borgskap behels. Dr. Bobbie van der Westhuizen van SA Stamboek vertel van die komende teeltsimposium en Logix Elite-toekennings wat vanjaar by die Alfa Vee-ekspo aangebied word. Corné Nel, ‘n beoordelaar by vanjaar se Nasionale Jeugskou op George, verduidelik wat belangrik is as die jeug met Angorabokke skou. En Kovsies bied van 8 tot 10 Oktober boeredae op hulle proefplaas net buite Bloemfontein aan. Die fokus is dieregesondheid en die koördineerder, Leon Kruger, verduidelik wat belangstellendes te wagte kan wees.

  • RSG Landbou 12 September 2018
    Woensdag 12 September 2018

    Die reuse SKA-projek in die Karoo het baie boere warm onder die kraag. Ons verslaggewer in die Noord-Kaap, Koos du Pisanie, praat met Anton Binneman van die SKA oor hulle teenwoordigheid in die Karoo. Daar is ook ‘n gesprek met Esna le Roux van BKB. Sy is een van die beoordelaars by die Nasionale Jeugskou wat in Oktober in George plaasvind. Sy praat oor vleisskaapbeoordeling.

  • RSG Landbou 11 September 2018
    Dinsdag 11 September 2018

    Hennie Maas praat met dr. Johan van Rensburg van Afrivet oor die voorbereidings wat getref moet word vir die kalfseisoen. Daar is ook ‘n gesprek met die Noord-Kaapse jongboer van die jaar, Van Zyl Naudé. En Breyton Milford vertel van die Nasionale Jeugkampioenskap wat eersdaags plaasvind.

  • RSG Landbou 10 September 2018
    Maandag 10 September 2018

    Mariëtte Kotzé van Hortgro praat oor die kern- en steenvrugbedryf wat kerngesond is. En ons verslagggewer in die Noord-Kaap, Koos du Pisanie, praat met Nicol Jansen van Agri Noord-Kaap oor die uitdagings wat dié provinsie mee te kampe het.

  • RSG Landbou 6 September 2018
    Donderdag 6 September 2018

    Dit lyk of intensiewe skaapproduksiestelsels besig is om vinnig veld te wen. Manie Wessels praat oor toenemende belangstelling in hierdie praktyk. Hy en sy vrou en vennoot, Karin, het pas teruggekeer van Suid-Amerika waar hulle praatjies gelewer het. Hulle het onlangs ook ‘n uitnodiging ontvang om in Sjina lesings aan te bied hieroor. Ons korrespondent in die Oos-Kaap, Carin Venter, gesels met ‘n finalis in die Jongboer van die Jaar-kompetisie, Juanita Bellingham. Daar is ook ‘n gesprek met dr. Gerhard Neethling oor voedselsekuriteit in die abattoirbedryf.

  • RSG Landbou 5 September 2018
    Woensdag 5 September 2018

    Lise Roberts praat met Ben Schoonwinkel van Syngenta oor die Syngenta Graanakademie. Elbie Thatcher van Old Mutual Wealth gesels oor vroue in die landbou, en finansiële sekuriteit. Pieter Carstens is ‘n apteker in Somerset-Wes, maar boer ook in die Kalahari. Hy vertel hoe hy dié twee perde gelyktydig ry. En Johan van den Berg van Santam Landbou verduidelik hoed die El Niňo-verskynsel ‘n interessante eienskap het wat vroeë reën in die somerreënvalgebied kan beteken.

  • RSG Landbou 4 September 2018
    Dinsdag 4 September 2018

    Daar is nuus oor die status van die veestapel in die bek-en-klouseer buffergebied. Lise Roberts praat met Adri Kitshoff-Botha van Wildbedryf SA oor die renosterbedryf en ‘n boer wat ‘n klomp van sy renosters van die hand gesit het. Christo Bekker van die LWO Werkgewersorganisasie verduidelik ook hoe belangrik ‘n dienskontrak met jou werkers is.