EposTwitter

Aanbieders

TERUG NA AANBIEDERS

Christelle van Tonder

  • Elvis Blue
    Vrydag 10 Augustus 2018

    Voor die Idols-musiekprogram het Elvis Blue musiek opgeneem onder sy geboortenaam Jan Hoogendyk. Alhoewel hy vir een van die albums benoem is vir n SAMA toekenning, het hy nie genoeg geld gemaak om vir sy familie te sorg nie. Hy verruil toe Johannesburg vir George, en wen Idols onder die verhoognaam Elvis Blue. Christelle van Tonder hoor waar di naam vandaan kom, en hulle gesels oor sy jongste album STORIES.

  • Mapping Loss
    Dinsdag 7 Augustus 2018

    Christelle Webb-Joubert gesels met Matilda Engelblik oor haar uitstalling, Mapping Loss, by die Art Lovers 1932-galery in Pretoria

  • Beeskraal
    Vrydag 3 Augustus 2018

    Charlie Smidt is 'n stigterslid van die legendariese Afrikanse rockgroep, Beeskraal. Charlie en die groep vier 20 jaar in die bedryf. Hy s Anton Goosen is sy mentor. Christelle van Tonder gesels met Charlie oor 20 jaar van musiek maak, die aanpassings om relevant te bly, en vooruitsigte vir die volgende 20 jaar.

  • Marcato
    Vrydag 27 Julie 2018

    Marcato is 'n musiekterm wat klem op note beteken. Die plaaslike musiekgroep, Marcato, bestaan uit vyf lede, wat n liedfde vir musiek deel. Die groep gaan gereeld op skryfnaweke waar hulle hulleself afsonder om op hulle musiekte fokus. Christelle van Tonder gesels met Ben van Zyl, Pieter Marcato, Euan Nel en Jerry Spanengberg oor hulle musiek.

  • Oppiradio 20 Julie 2018
    Vrydag 20 Julie 2018

    Jean Zenan het op n tabakplaas grootgeword, en het van kleintyd af klavierlesse geneem. N horskool op Zeerust, het hy by die PUK gaan studeer. Hy spog nou met drie grade, n debuutalbum en n produksiemaatskappy. Christelle van Tonder gesels met hom oor hoe hy gedeeltes vir die album in n linnekas opgeneem het.

  • Leefwêreld van die gestremde 15 Julie 2018
    Sondag 15 Julie 2018

    Fanie du Toit gesels met 'n ma oor haar en haar seun se outismediagnose. Sy gee n definisie van outisme, en verduidelik hoe hulle gesin te werk gaan om haar en haar seun se behoeftes te ondersteun. Christelle van Tonder gesels met Betti Wimbles, wat tuisonderig gee vir kinders met outisme. Sy gee insig in die uitdagings om met kinders te werk wat op die spektrum is, en gee raad vir ouers.

  • Granville Michaels
    Vrydag 13 Julie 2018

    Granville Michaels kom uit n musikale familie, en het deurentyd die ondersteuning van sy familie gehad om musiek as n loopbaan te volg.

  • DIE WORTEL VAN ALLE KWAAD deur Christelle van Tonder
    Donderdag 12 Julie 2018

    Transitiorooftogte het van 2016 tot 2017 met 43% toegeneem. Meer as 90% van hierdie rooftogte gebeur met die hulp van informante aan die binnekant. Onskuldige mense word in die spervuur vasgevang, en sekuriteitswagte boet met hulle lewens deur net hulle werk te doen. Volgens voormalige transito-veligheidswag Mark Austin, is daar altyd iemand aan die binnekant betrokke. Mark het nege jaar lank op die geldwaens gewerk, tot hy verplig was om na n ander department te skuif as gevolg van posttrauntiese-stres. Hy was die slagoffer van ses transitorooftogte! Christelle van Tonder kyk na die trauma wat die veiligheidswagte daagliks beleef. Kenners op die gebied, dr. Alice Maree en dr. Hennie Lochner gee insig oor hoe die rooftogte beplan word.

  • Leefwêreld van die gestremde 8 Julie 2018
    Sondag 8 Julie 2018

    Fanie du Toit gesels met Maritza Nel oor beroertes. Sy vertel wat jy as n bystander kan doen wanneer jy vermoed dat iemand n beroerte gehad het. Christelle van Tonder gesels met Dorothy Ann Howitson van Kimberley wat as kind polio gekry en toe die gebruik van haar arms en bene verloor het. Dit keer haar nie om die gemeenskap van Kimberley te ondersteun nie. Haar projek verskaf warm klere aan minderbevoorregte mense.

  • Oppikoppi 24
    Vrydag 6 Julie 2018

    In dust we trust - as jy al ooit by Oppikoppi was, sal jy weet wat dit beteken. Vanjaar vier hierdie musiekfees in die bos hulle 24ste fees, met die tema, Nomokonjani, wat ook die titel is van Brenda Fassi se 1999-treffer. Christelle van Tonder gesels met Misha Loots van die Oppikoppi-span oor die veranderings by vanjaar se fees en die feit dat daar slegs plaaslike musikante daar sal optree.