Epos

Aanbieders

TERUG NA AANBIEDERS

Marí Hudson

  • Gesondheid 12 Desember 2018
    Woensdag 12 Desember 2018

    Wat is PMBís oftewel Voorgeskrewe Minimum Voordele as ons dink aan mediese fondsdekking? Waarom is daar ongelukkigheid tussen dokters en sommige mediese fondse hieroor, en hoe raak dit pasiŽnte? Waar staan ons met die voorgestelde wetgewing vir ín Nasionale Gesondheidsversekeringstelsel, en het die inhoud nou weer verander dat dit geen ruimte laat vir private mediese fondse nie?

  • Gesondheid 5 Desember 2018
    Woensdag 5 Desember 2018

    Het jy geweet daar is halwe ťn volle knievervangings? Met Ďn halwe knievervanging sny die chirurg nie deur spiere en sagte weefsel nie, en dus voel dit nog soos jou eie knie! MarŪ Hudson gesels met ín ortopeed oor knievervangings, wat deesdae ín baie algemene operasie geword het. Hy verduidelik hoe knievervangings gedoen word, wie kandidate is, waarom dit gedoen word, hoe die been reguit gemaak word en wat die sukses van die twee soorte knievervangingsoperasies is.

  • Gesondheid 28 November 2018
    Woensdag 28 November 2018

    Hoe is dit moontlik dat ín kankerspesialis in Port Elizabeth sit, en akkurate bestralingsbehandeling op ín pasiŽnt in Johannesburg toepas? Wat is gamma-bestraling en watter pasiŽnte kan met diť behandeling gehelp word? MarŪ Hudson gesels met die kliniese onkoloog wat diť langafstandbehandeling uitgevoer het. Die spesialis verduidelik ook watter soort bestralingsbehandeling beskikbaar is en waar dit inpas in die behandeling van kanker en ander siektes.

  • Gesondheid 21 November 2018
    Woensdag 21 November 2018

    Wat is retinale loslating, en hoe word dit behandel? Voorts word ín mens altyd gewaarsku oor die komplikasies van diabetes wat nie goed beheer word nie. Een van diť komplikasies is diabetiese retinopatie, wat beteken dat die retina aangetas word. Maar hoe gebeur dit? MarŪ Hudson gesels met ín oogarts oor diť twee retina-probleme.

  • Gesondheid 14 November 2018
    Woensdag 14 November 2018

    Wat is die jongste insigte oor die beste en gesondste eetplanne vir mense met tipe 2 diabetes? Met die korrekte eetgewoontes, kan iemand met tipe 2 diabetes baie doen om die diabetes beter te beheer en die kans op die slegte komplikasies te verminder. MarŪ Hudson gesels met 'n dieetkundige van Nicus, Irene Labuschagne, oor praktiese inligting vir mense met tipe 2 diabetes.

  • Gesondheid 7 November 2018
    Woensdag 7 November 2018

    Waarom is dit gevaarliker om op ín pasiŽnt wat erg oorgewig is, te opereer? Wat is die chirurgiese en narkose-gevare? En waarom het dit nou nodig geword dat bariatriese chirurgie in die staatsektor gedoen word? Is Suid-Afrika se obesiteitsprobleem dan nou sů groot? MarŪ Hudson gesels met ín chirurg van die Tygerberg Hospitaal oor diť kwessies.

  • Gesondheid 31 Oktober 2018
    Woensdag 31 Oktober 2018

    Hoe weet ín mens vir seker jy het diabetes? Watter toetse moet gedoen word om Tipe 2 diabetes te diagnoseer? Moet jy anti-diabetes medikasie gebruik as jy nie vir seker weet of jy diabetes het nie? Wat van die wonderlike teen-verouderingseienskappe wat aan Metformin gekoppel word? MarŪ Hudson gesels met ín endokrinoloog oor die jongste inligting.

  • Gesondheid 24 Oktober 2018
    Woensdag 24 Oktober 2018

    Het jy geweet daar is vier hoofgroepe borskanker, en dat elke soort borskanker se DNS verskil van jou eie DNS? Kankerspesialiste gebruik nou diť inligting om die beste behandeling vir elke kankerpasiŽnt uit te werk. MarŪ Hudson gesels in Borskankermaand met dr. Rika Pienaar, 'n onkoloog, oor die jongste metodes om borskanker te diagnoseer en te behandel.

  • Gesondheid 17 Oktober 2018
    Woensdag 17 Oktober 2018

    ín Diagnose van borskanker (of enige ander kanker) kan Ďn mens soos ín vuishou in die maag tref. Hoe ervaar ín dokter dit as sy met borskanker gediagnoseer word, en dan 'n pasiŽnt word? Het sy wenke om ander pasiŽnte te help? MarŪ Hudson gesels in Borskankermaand met dr. Trusia Burgers van Somerset-Wes oor haar persoonlike stryd teen borskanker.

  • Gesondheid 10 Oktober 2018
    Woensdag 10 Oktober 2018

    Wat is die verskil tussen pre-diabetes en diabetes? Kan pre-diabetes omgekeer word? Wat is die verskil tussen insulien-sensitiwiteit (voorheen genoem insulien-weerstandigheid) en pre-diabetes? En waar pas oorgewig en Banting in? MarŪ Hudson praat met prof. Tess van Merwe, 'n endokrinoloog, om verwarring oor diť siektes en kwessies op te klaar.