EposTwitter

Aanbieders

TERUG NA AANBIEDERS

Jody Hendricks

  • Vroue in sport
    Dinsdag 13 Februarie 2018

    Dis vandag Węreldradiodag. Vanjaar se tema is RADIO EN SPORT. Jody Hendricks praat met Ilhaam Groenewald, hoof van Maties Sport en lid van SA Rugby se uitvoernde raad, oor die uitdagings wat vroue in sport vandag nog in die gesig staar.

  • WITBOORDJIEBOKS deur Jody Hendricks
    Donderdag 8 Februarie 2018

    Witboortjieboks is 'n nuwe fiksheidsuitdaging wat deur duisende Suid-Afrikaners beoefen word. Dit gee Jan en San Alleman die kans om ná ‘n lang dag by die werk, van hulle frustrasies ontslae te raak. Van hulle klim selfs in die kryt en veg teen mekaar. Jody Hendricks het by ‘n paar van die boksgimnasiums in Gauteng gaan inloer om meer hieroor uit te vind.

  • Allister Coetzee
    Saterdag 3 Februarie 2018

    SA Rugby het aangekondig dat Allister Coetzee nie meer die Springbokafrigter is nie. Die rugbyraad sę hy het 'n ooreenkoms met Coetzee bereik, en dat die besluit onmiddellik van krag is. SA Rugby se Rugby-afdeling sal Coetzee se verantwoordelikhede oorneem totdat die span se afrigting- en bestuurspan later vandeesmaand bevestig word. Die bestuurshoof van SA Rugby, Jurie Roux, sę die besluit was wedersyds. Roux het Coetzee bedank vir die passie en toewyding waarmee hy die Springbokke afgerig het. Jody Hendricks praat met Coetzee oor sy loobaan as afrigter in Suid-Afrika.

  • Usain Bolt in Suid-Afrika
    Woensdag 31 Januarie 2018

    Die voormalige atletiek węreldkampioen, Usain Bolt, was die afgelope week in Suid-Afrika. Jody Hendricks het by die Ruimsig Atletiekstadion in Johannesburg met hom gepraat.

  • Shaun Anderson
    Saterdag 20 Januarie 2018

    Boogskutter Shaun Anderson het sy arm in 'n motorfietsongeluk verloor. Hy het Suid-Afrika in 2016 by die Paralimpiese Spele in Rio de Janeiro verteenwoordig. Hy was verlede jaar in 'n bootongeluk, wat hom verlam gelaat het, maar steeds weier hy om bes te gee. Hy neem op 10 Februarie die eerste keer weer aan 'n kompetisie deel. Sy doelwit is om Suid-Afrika by die 2020 Spele te verteenwoordig.

  • Praat saam 10 Januarie 2018
    Woensdag 10 Januarie 2018

    Ouers wil graag die beste vir hulle kinders hę, en dit is ‘n groot bron van stres as hulle nie goed op skool vaar nie. Ouers met ‘n kind wat op skool sukkel, kan met gevoelens van angs, onsekerheid, frustrasie en skuldgevoelens worstel, en wonder dikwels wat hulle verkeerd gedoen het. Jody Hendricks kyk na die impak van swak prestasie op die kind, en hoe rolspelers dit moet benader.

  • Irmgard Bensusan
    Donderdag 14 Desember 2017

    Irmgard Bensusan is 'n Suid-Afrikaansgebore Paralimpiese-atleet wat nou vir Duitsland deelneem, hoofsaaklik in die T44-kategorie. Bensusan het qan die 2016 Somer Paralimpiese Spele deelgeneem, waar sy drie silwermedaljes gewen het in die 100, 200 en 400 meter spore. Sy het ook vroeër vanjaar in London ‘n nuwe węreldrekord in die 200 meter opgestel.

  • Justin Ontong
    Vrydag 17 November 2017

    Die Protea-afrigter, Ottis Gibson, het sy afrigterspan aangekondig, en almal is Suid-Afrikaners. Die Wes-Indiër het drie nuwelinge nader getrek. Die Warriors se afrigter, Malibongwe Maketa, is sy hulpafrigter. Dale Benkenstein is die kolfafrigter, en Justin Ontong sal na die span se veldwerk omsien. Gibson het Claude Henderson as afrigter van die draaiboulers behou. Craig Govender is die span se nuwe fisioterapeut. Die Proteas se volgende wedstryd is die vierdaagse toets ná Kersfees teen Zimbabwe. Jody Hendricks het met die nuwe veldwerkafrigter Justin Ontong, gepraat oor sy nuwe rol.

  • Tannie Ans is afrigter van die jaar
    Saterdag 11 November 2017

    Suid-Afrika se Olimpiese en węreldrekordhouer in die 400 meter, Wayde van Niekerk, se afrigter, Ans Botha, is as die Internasionale Federasie van Atletiekverenigings se Afrigter van die Jaar aangewys. Botha, wat as Tannie Ans bekend is, sal die toekenning op 24 November by 'n galageleentheid in Monaco ontvang. Sy sę sy is stomgeslaan.

  • SA Sporttoekennings
    Donderdag 9 November 2017

    Die Suid-Afrikaanse Sporttoekennings vind Sondag plaas. Die kortlys vir die Span van die Jaar is die Lions se Superrugbyspan wat vanjaar die eindstryd van die toernooi bereik het, Die Protea Vrouekrieketspan wat so goed gedoen het by die Węreldbeker, en die Blitsbokke wat die Węreld Sewesreeks-titel ingepalm het. Jody Hendricks praat met Neil Powell, afrigter van die Blitsbokke, Mignon du Preez van die Vroue Proteas, en Warren Whiteley van die Lions.