Epos

Aanbieders

TERUG NA AANBIEDERS

Esté Gross

  • Siembamba-dogtertjie 39 jaar later
    Woensdag 25 Oktober 2017

    Ter viering van 80 jaar van Afrikaanse radio het RSG onlangs ’n episode van 1978 van die gewilde Siembamba en Wiegwoorde uitgesaai. In die onderhoud het die aanbieder, Susan Voormolen, met die vierjarige Annelize Grové gesels. Annelize het die luisteraars gaande gehad met haar sang en pittige antwoorde, en hulle wou weet: Wat het van dié dogtertjie met die pragtige blonde hare geword? Annelize Piepmeyer is nou 43 jaar oud. Sy vertel hoe die heruitsending haar gehelp het om vandag sin te maak van haar lewe, en hoe sy besef het dat sy steeds dieselfde drome het was sy as vierjarige gehad het. Sy vertel aan Esté Gross hoe sy uit die bloute weer haar stem op radio gehoor het…

  • Margaret Bowes
    Woensdag 11 Oktober 2017

    ‘n Mens voel maklik magteloos en oorweldig as jy gereeld hoor van die talle kinders wat deurloop onder mishandeling in Suid-Afrika. Daar is egter hoop. Esté Gross praat met Margaret Bowes, ‘n maatskaplike werker en spelterapeut by Childline in Johannesburg. Alhoewel sy elke dag gekonfronteer word met gebrokenheid, is daar ook stories van oorwinning en genesing. Margaret vertel wat alles met deernis bereik kan word, en haar passie vir kinders en haar werk.

  • Sneeuwitjie
    Dinsdag 10 Oktober 2017

    Esté Gross gesels met artistieke regisseur Iain McDonald en van die dansers van Joburg Ballet oor hulle produksie van Sneeuwitjie.

  • Geestesgesondheid 12 September 2017
    Dinsdag 12 September 2017

    Volgens kliniese maatsklaplikewerker Jeanne van den Bergh is die dood 'n onderwerp wat die meeste mense vermy en ongemaklik maak. Tog is die dood deel van die lewe. Esté Gross praat met haar oor verlies, en hoe jy iemand kan bystaan wat onlangs 'n geliefde aan die dood afgestaan het.

  • DIE LIPIZZANERS deur Esté Gross
    Donderdag 20 Julie 2017

    Die Lipizzaners, ook bekend as die dansende witperde, is ‘n ras met ‘n unieke geskiedenis wat oor eeue heen strek. Dié pronkperde is reeds sedert 1948 in Suid-Afrika en het deur die jare ‘n integrale deel van die land se erfenis geword. Esté Gross het gaan uitvind hoe die pronkperde opgelei word.

  • Geestesgesondheid 4 Julie 2017
    Dinsdag 4 Julie 2017

    Traumatiese gebeure laat dikwels fisiese en emosionele littekens. Opvoedkundige sielkundige Ilse Karsten praat met Este Gross oor hoe om gebeure wat emosionele letsels gelaat het, te verwerk en te hanteer.

  • Charl du Plessis
    Dinsdag 13 Junie 2017

    Charl du Plessis en Trio se album, Baroqueswing Volume 2, is onlangs aangewys as die SAMA wenners vir die beste klassieke/instrumentale album. Die trio is bekend vir hulle crossover-styl tussen jazz en klassieke musiek. Crossover is ‘n genre wat oor die algemeen blyk of dit gewild kan wees onder Suid-Afrikaners, maar tog is sommige kunstenaars huiwerig om hulle musiek klassieke crossover te noem. Esté Gross praat met Charl du Plessis oor die crossover en die vooropgestelde idees wat mense oor klassieke crossover het.

  • Geestesgesondheid 14 Maart 2017
    Dinsdag 14 Maart 2017

    Esté Gross gesels met opvoedkundige sielkundige Ilse Karsten oor hoe om verandering te hanteer.

  • Vind jou stem
    Dinsdag 14 Maart 2017

    Watter geheime verklap jou stem alles van jou? Of jy nou ‘n onderwyser, ontvangsdame, akteur, professionele spreker of ‘n ma en pa is, ons almal gebruik elke dag ons stem. Jou stem is onlosmakend deel van jou, maar het jy al gedink wat jou verhouding met jou eie stem is? Esté Gross praat met ‘n stem-beweeg-praktisyn, Gina Holloway Mulder, oor stem-beweeg-terapie. Die terapie is anders as jou gewone stemlesse...

  • Gaan op 'n klankreis deur die wêreld
    Donderdag 2 Maart 2017

    Volgens die Australiër Marc Anderson, ‘n natuurklankkunstenaar, fotograaf en wenner van die 2014 Most beautiful sound in the world-kompetisie, kan klank jou op 'n kragtiger manier meevoer as 'n foto, en jou laat voel asof jy in die middel van 'n verafgeleë reënwoud staan. Anderson wil sy liefde vir klank met die wêreld deel, en is die stigter van naturesoundmap.com. Op hierdie webtuiste is 'n natuurklankkaart wat gereeld aangevul word met bydraes van dwarsoor die wêreld. Die klankkaart stel jou instaat om met net een klik van die muis op ‘n klankreis te gaan. Marc jou op 'n klankreis... maak jou oë toe... sit die klank harder en gaan saam… Jy staan nou op die oewer van die Murrumbidgee-rivier in Australië. Dis die laaste refrein van die dag, net voor die skemer daal...