Nou op die lug

Naweektjil

22:30-23:59

Interaktief

Epos

Aanbieders

TERUG NA AANBIEDERS

Frieda van den Heever

  • Voetsoldaat van die vers
    Woensdag 4 Desember 2019

    Clinton V. du Plessis, 'n syfersmid van Cradock, is een van ons mees onderskatte digters. 'n Digter wat die lot van die gewone man en vrou op toeganklike en deernisvolle wyse verwoord. Die bundel, Verslag, word deur die dikwels miskende digter as sy swanesang beskryf nadat hy vier dekades gelede met n vers in die tydskrif, Patrys, gedebuteer het. Luister na van die mooiste gedigte uit Du Plessis se oeuvre, en veral uit hierdie tiende bundel, voorgelees deur Dean Balie en Cantona James. Kom vind ook meer uit oor hierdie "onderskatte voetsoldaat van die Afrikaanse lettere": die kronkelende lewenspad, die amper uitgebrande kers, die spoorlyn, die doringdraad, die gebreekte glasbottel en uiteindelik die volledige katastrofie van die lewe.

  • Kortom 26 November 2019
    Dinsdag 26 November 2019

    Jana Kruger lees Annelie Botes se kortverhaal, SKRIF AAN DIE MUUR.

  • Vers en klank 26 November 2019
    Dinsdag 26 November 2019

    Digter Pieter Hugo gesels oor sy debuutbundel, Alchemie van my muse, wat vanjaar verskyn het. Fanie Olivier skryf oor hierdie bundel: "Dis 'n opwindende debuut van 'n alchemis wat sy vak ken, met 'n ongewone oog dinge raaksien, en met taal kan werk. Wat die lewe takseer met ironie en deernis." Jy kan uitsien na 'n hele paar snitte waar Pieter van sy verse voorlees, en Rik Latti die agtergrondmusiek maak.

  • Vers en klank 19 November 2019
    Dinsdag 19 November 2019

    Die musiekpaar, Coffee Snobs, en die bekroonde skrywer en digter, Riana Scheepers, neem jou op 'n liriese reis. Die reis van vers na liriek wys op 'n opwindende manier hoe tradisionele digvorme deur musikale verwerking nuwe dimensies van skoonheid, ontroering en verwondering verkry. Jy kry die geleentheid om snitte uit hulle produksie, Donkernagpantoen, te hoor, wat nog net op enkele verho te sien was.

  • Kortom 19 November 2019
    Dinsdag 19 November 2019

    Cintaine Schutte lees Riana Scheepers se kortverhaal, DIE LEKKERSTE BEGRAFNIS IN JARRE.

  • Kortom 12 November 2019
    Dinsdag 12 November 2019

    Wessel Pretorius lees Kerneels Breytenbach se kortverhaal, RUNYONESQUE.

  • Vers en klank 12 November 2019
    Dinsdag 12 November 2019

    Christo van der Westhuizen gesels oor en lees gedigte voor uit sy nuwe debuutbundel Chrisalis. Daniel Hugo skryf: "Chrisalis is die indrukwekkende debuut van 'n digter wie se taal- en versvernuf die leser meevoer en meermale ook ontroer. Die grens tussen teks en werklikheid word telkens getoets." Christo vertel van sy nege-tot-vyf-werk, die lewe en die dinge wat hom diep raak, s diep raak dat hy nie anders kan as om daaroor verse te maak nie.

  • Vers en klank 5 November 2019
    Dinsdag 5 November 2019

    Die skrywer en digter, musikant, videograaf, fotograaf en klankingenieur Willem S. van der Merwe gesels oor en lees gedigte voor uit sy nuwe bundel, Nuwe Vrese. Daniel Hugo skryf: "Van der Merwe is die troebadoer van die triestigheid, die hofnar van die huwelik, die digter van die droefheid en deernis, die filosoof van die suburbs, die bedrewe golaar met beeldspraak en meerduidigheid, die slinkse smokkelaar met intertekste. Ou vrese word besweer en nuwes sinies en liries besing." Willem vertel van homself, sy bundel, sy lewe in Taiwan, en hy en sy musikantvriend, Craig Vee, gee 'n spesiale uitvoering van verse en klanke.

  • Kortom 5 November 2019
    Dinsdag 5 November 2019

    Johann Nel lees Dot Serfontein se kortverhaal, GRIEP.

  • STILLE WATERS deur Anton Treurnich
    Donderdag 31 Oktober 2019

    Anna van Rooy sterf op 'n klein dorpie in die Karoo. Dit dompel nie juis die mense van die dorpie in rou nie. Sy was immers nie 'n gewilde inwoner nie, en het skynbaar oral waar sy gaan vyande gemaak. Dis wanneer die bewyse daarop dui dat sy nie dood is aan natuurlike oorsake nie, dat die inwoners van die dorpie in rep en roer is. Almal word skielik verdagtes, want elkeen het 'n verskuilde rede gehad om Anna te wou wegmaak. Frederick, die dominee, het geen geheim gemaak daarvan dat Anna hom grensloos irriteer nie. So ook nie Sun, die eienaar van die handelshuis nie. Rowena, die politieke raadslid, en Anna het ook nie om dieselfde vuur gesit nie, en Arend Onderstroom, die enigste nuwe inkommer, se motiewe kom ewe verdag voor. Niemand se verweer en verskonings hou water nie, behalwe di van sersant Ronnie Malan, wat nie verdink word van enige vuil spel nie, en dan ook as selfaangestelde speurder aan die stuur van die ondersoek staan. Dinge is nie altyd soos wat dit lyk nie...