Interaktief

Aanbieders

TERUG NA AANBIEDERS

Eloise Pretorius

  • RSG Landbou 26 September 2020
    Saterdag 26 September 2020

    Ontmoet ‘n boer wat vrou-alleen die lewe dapper aanpak. Op Lorraine de Bruin se plaas Leeupan naby Van Zylsrus word daar met skape en beeste geboer. Sy vertel hoe sy in tye van droogte planne gemaak het om ekstra inkomste te verdien, en hoe sy moedig die pad bly stap het op haar plaas nadat sy haar man skielik aan die dood moes afstaan. Sy beskryf haar toekoms as blink en vol belofte, en deel van die onverwagse dinge waarmee sy in die lewe begunstig is. Haar Noord-Kaap boerdery gedy, en haar storie is inspirerend.

  • RSG Landbou 25 September 2020
    Vrydag 25 September 2020

    Patensie-boer Jackye Riddle verduidelik die vele gebruike van die draakvrug, asook ander interessante feite oor dié kaktus-rankplant met Meksikaanse oorsprong, wat hom nou tuis kom vind in Suid-Afrika. Agri SA het met ’n voedselinisiatief van R1-miljard begin om behoeftige Suid-Afrikaners te voed. Die grootste landbou-organisasie in die land het die regering, boere, die private sektor en individue genooi om met hom hande te vat om kos by honger mense te kry. Ander landbou-organisasies in die land het ook al projekte begin om die voedselnood te verlig.

  • RSG Landbou 19 September 2020
    Saterdag 19 September 2020

    Televisie-weervoorspeller en meteoroloog, Annette Botha, het handige wenke. Wat weertoepassings betref, deel sy haar beste-van lysie en sê ook wat sy al persoonlik by Suid-Afrikaanse boere oor die wisselende weerpatrone geleer het. Die saamstel van betroubare reënvoorspellings het ‘n interessante verloop. Annette verduidelik hoe die gebruik van tegnologie ingespan word om ons land se weer in ‘n verslag saam te stel.

  • RSG Landbou 18 September 2020
    Vrydag 18 September 2020

    Dr. Francois Lategan praat oor omgewingsvriendelike boerderypraktyke met behulp van natuurlike bestuursprosesse. Ons hoor wat C4L-tegnologie is, en watter bydrae die Suid-Afrikaanse Bosboubedryf gemaak het in die tyd van Covid-19.

  • RSG Landbou 12 September 2020
    Saterdag 12 September 2020

    Wêreldbekende Suid-Afrikaanse wetenskaplike prof. Karin Jacobs werk by die Departement Mikrobiologie aan die Universiteit Stellenbosch. Wanneer jy haar ontmoet, besef jy sy wikkel met baie betekenisvolle eksperimente in die laboratorium van die lewe. Die pad vorentoe vir opvoeders lyk aansienlik anders weens die voorkoms van Covid-19. Sy gee raad en lewer insiggewende kommentaar op hierdie realiteite. Sy gee ook ‘n blik op die landbounavorsing van die toekoms.

  • RSG Landbou 11 September 2020
    Vrydag 11 September 2020

    Die Trust vir Bedreidge Natuurlewe se droëland-bewaringsprogram het ‘n projek begin in samewerking met die Verenigde Nasies se Ontwikkelingsprogram en die Department van Omgewingsake om volhoubare grondbestuur te bevorder. Die projek is befonds deur the Global Environment Facility en word die Karoo Vir Ewig-projek genoem. Bonnie Schumann, veldbeampte by die Trust vir Bedreigde Natuurlewe se droëlandbewaringsprogram, verduidelik wat die projek behels.

  • RSG Landbou 5 September 2020
    Saterdag 5 September 2020

    Volgens prof. Karin Jacobs is sy in ‘n landbou-omgewing op haar gelukkigste. Sy’s veral passievol oor grondgesondheid. Die afgelope 17 jaar is sy verbonde aan die Departement Mikrobiologie aan die Universiteit Stellenbosch. Hoe om produsente se grond gesond te kry, interesseer haar veral. Sy verduidelik hoe haar werk en navorsing deur Covid-19 geraak is, en deel praktiese raad aan ander wat hulle ook in die onderwyssfeer bevind.

  • RSG Landbou 4 September 2020
    Vrydag 4 September 2020

    Die Melkprodusente-organisasie (MPO), het melkboere bedank vir ruim kosskenkings vir behoeftige mense wat die hardste deur die Covid-19-inperking getref is. Projek Een, soos dit bekend staan, is die inisiatief van die melkboere en die melkbedryf. Philip Swart, woordvoerder van die Oos-Kaap se Melkprodusenteorganisasie, verduidelik watter verligting hierdie inisiatief al gebring het aan gemeenskappe. Die stigter van die bekende Piket Bo-berg mark en boer, Riëtte Bryant, gee raad oor hoe om kompostering met sukses op jou plaas aan te pak.

  • RSG Landbou 29 Augustus 2020
    Saterdag 29 Augustus 2020

    Op RSG Landbou word daar teruggekeer na Piket Bo-berg. Dié bekende maandelikse mark wat op die plaas Kruisementsvlei gehou word, het ‘n inspirerende storie. Wat destyds as ‘n werfkuier begin het, het nie net ‘n gemeenskap nader aanmekaar gebring nie, maar ook bewys dat waar daar ‘n wil is om jou buurmense te omarm, dit kosbare bande kan smee tussen die wat nie veel gemeen het nie.

  • RSG Landbou 28 Augustus 2020
    Vrydag 28 Augustus 2020

    Wouter de Wet is voorsitter van die raad van Animal Feed Manufacturers Association of South Africa, ‘n liggaam wat voerprodusente verteenwoordig. Hy bespreek die organisasie se rol in landbou, en hoe die pad vorentoe kan lyk in die post-Covid-19-omgewing. PhD-student en dekgewasnavorser Charne Viljoen deel handige wenke oor onkruidbeheer, en vertel van waardevolle proewe wat deur die Wes-Kaapse Departement van Landbou by die Tygerhoek-navorsingplaas naby Riviersonderend gedoen word.