Nou op die lug

alhoebekker

09:00-11:30

Interaktief

Epos

Aanbieders

TERUG NA AANBIEDERS

Gustav Greyling

  • Kan NG Kerk skeur?
    Dinsdag 18 Februarie 2020

    Ons bly by die storie. By ons in die ateljee is dr Andr Bartlett, die moderator van die NG Kerk se Hoveld-sinode en ook verbonde aan die Departement Teologie aan die Universiteit van Pretoria.

  • Is apartheid 'n misdaad?
    Maandag 17 Februarie 2020

    Oud-president FW de Klerk se uitlating dat apartheid nie 'n misdaad was nie het wyd reaksie uitgelok. Maar is hy dalk reg? Anita Visser en Gustav Greyling het met die internasionale regskenner, professor Hennie Strydom van die Universiteit van Johannesburg, en professor Anton van Niekerk, direkteur van die Universiteit van Stellenbosch se Sentrum vir Toegepaste Etiek, gepraat.

  • Wêreld Radiodag
    Donderdag 13 Februarie 2020

    Vandag is Wreld Radiodag, en die Verenigde Nasies s dis 'n magtige medium wat die mensdom in al sy verskeidenheid kan vier. Boonop bied radio ook 'n platform vir die voer van 'n demokratiese diskoers. Die VN s radio is tot vandag toe steeds die enkele medium wat die meeste gebruik word, en weens di unieke vermo om so 'n wydlopende gehoor te bereik, kan radio die samelewing help vorm. Die VN fokus vanjaar veral op diversiteit in radio -- van die verskillende soorte inhoud wat uitgesaai word op openbare-, kommersile en gemeenskapsradiostasies, tot nuuskantore wat die luisteraars werklik weerspiel, en die verskeidenheid van standpunte wat diverse gemeenskappe kan bedien. Maar is radio werklik so gesond soos wat die VN dit wil h? Gustav Greyling en Anita Visser praat hieroor met prof. Franz Kruger, direkteur van die Radio-Akademie by Wits-universiteit se joernalistiek-departement.

  • Hoe kan die mens insekte help bewaar?
    Woensdag 12 Februarie 2020

    Sonder insekte is die mens se voortbestaan in die weegskaal. So s 'n uitgelese Professor by die Departement van Bewaringsekologie en Entomologie aan die Universiteit Stellenbosch, Michael Samways.

  • President Donald Trump se staatsrede vir 2020
    Woensdag 5 Februarie 2020

    President Donald Trump het 'n kort rukkie gelede sy staatsrede vir 2020 voor die Amerikaanse kongres gelewer. Dit is 'n dag voor die beslissing oor die staat van beskuldiging. Politieke ontleder Theo Venter het na die toespraak geluister...

  • Hofsaak oor CR17-skenkings
    Woensdag 5 Februarie 2020

    President Cyril Ramaphosa se aansoek om die openbare beskermer se verslag oor die Bosasa-skenkings aan hom te laat hersien, het gister in die hooggeregshof in Pretoria begin. Die hof moes by beide kante se regspanne hoor hoe reg hulle klint en hoe verkeerd die ander party is. Die saak gaan vandag voort. Monitor het met die regskenner prof Pierre de Vos en die parlementre joernalis Jan-Jan Joubert oor die saak gepraat.

  • 'n Orrelis se Kersdag
    Woensdag 25 Desember 2019

    Dis Kersdag, en in plaas daarvan dat hulle tyd by hulle gesinne en uitgebreide familie kan deurbring, moet heelwat mense wat noodsaaklike dienste lewer, vandag werk. Dit sluit nooddienswerkers, die polisie en selfs uitsaaiers in. Maar daar is nog mense wat op Kersdag werk, en dis die geestelike- en ondersteuningspersoneel by kerke oor die wreld heen. Een van hulle is Marnus Greyling, n bekende Suid-Afrikaanse orrelis, wat maar soos ander in sy beroep vandag die ure op die orrelbankie slyt by die kerk waar hy werk. Gustav Greyling het by hom gaan uitvind wat sy werk behels, en hoe dit is dat n jong Afrikaanssprekende in so n antieke beroep, by n antieke kerk beland het.