EposTwitter

Aanbieders

TERUG NA AANBIEDERS

Lynette Francis

  • Praat saam 14 Desember 2018
    Vrydag 14 Desember 2018

    Die leier van die Vryheidsfront Plus, Pieter Groenewald, s politieke opstokers soos die BLF-leier, Andile Mnxitama, kan nie langer toegelaat word om rassehaat en geweld te verkondig sonder om tot verantwoording geroep te word nie. Het Versoeningsdag op 16 Desember nog betekenis in n tyd van populistiese en rassistiese uitsprake?

  • Praat saam 13 Desember 2018
    Donderdag 13 Desember 2018

    Aartsbiskop emeritus Desmond Tutu s mense wat terminaal siek is, moet die keuse h om genadedood toe te pas. Hy het gereageer op die inhegtenisneming van die stigter van Dignity SA, prof. Sean Davison, vroer vandeesweek. Davison word daaran verdink dat hy in 2013 'n kwadrupleeg gehelp het om sy eie lewe te neem. Dink jy die geloofsgemeenskap moet n standpunt en benadering hieroor h, of moet dit jou eie keuse oor jou eie lewe wees?

  • Praat saam 12 Desember 2018
    Woensdag 12 Desember 2018

    Die Franse president, Emmanuel Macron, het beduidende ooreenkomste met vakbonde en plaaslike verenigings aangegaan nadat duisende betogers die naweek in hegtenis geneem is weens voortslepende geweldadige betogings. Betogers het veral in Parys groot skade aangerig. Wat is die impak en gevolge van (plaaslike) optogte waarmee jy moet saamleef?

  • Praat saam 11 Desember 2018
    Dinsdag 11 Desember 2018

    Lynette Francis kry n oorsig van die afgelope jaar se woelinge in die parlement. Het die Nasionale Vergadering beter gevorder sonder die voormalige president?

  • Praat saam 10 Desember 2018
    Maandag 10 Desember 2018

    Die parlement het hom by die res van die land aangesluit en ges genoeg is genoeg wanneer dit kom by misdade teen vroue en kinders, terwyl die land 16 dae van aktivisme teen geslagsgeweld gedenk. Hoe skep drankmisbruik en verslawing die klimaat vir geweld teen vroue en kinders?

  • Praat saam 7 Desember 2018
    Vrydag 7 Desember 2018

    Die Staatsdiens Werknemerspensioenfonds het sy belegging van R4.3 miljard in Steinhoff se bemagtigingsaandeelhouer, die Lancaster-groep, afgeskryf. Dit is glo direk gekoppel aan die ineenstorting van die Steinhoff-aandeelprys. Wat is die impak en gevolge van verlore beleggings op die kontantvloei van die fonds en die bestuur daarvan?

  • Praat saam 6 Desember 2018
    Donderdag 6 Desember 2018

    Meer as die helfte (56%) van middel-inkomste verbruikers in Suid-Afrika spandeer hulle hele maandelikse salaris in vyf dae of minder nadat hulle dit ontvang het. Dit is volgens data van FNB se kleinhandelafdeling wat middelinkomsteverbruikers kategoriseer as di wat 'n bruto maandelikse inkomste van tussen R7 000 en R60 000 verdien.Waarom spartel ons met ons skuldlas?

  • Praat saam 5 Desember 2018
    Woensdag 5 Desember 2018

    Freedom of Religion SA het die Konstitusionele Hof genader om te appelleer teen n vroere uitspraak van die Hooggeregshof in Johannesburg dat lyfstraf kinderregte skend. Hoofregter Mogoeng Mogoeng het kinderregte-aktiviste uitgedaag oor die uitwerking van 'n pak slae op kinders. Mogoeng wou weet of daar ander wetenskaplike bewese metodes beskikbaar is om kinders te straf. Die hoofregter het ook onderskeid getref tussen 'n pak slae en mishandeling. Die hof het uitspraak voorbehou.

  • Praat saam 4 Desember 2018
    Dinsdag 4 Desember 2018

    Politieke ontleders s die veteraanpolitikus, Patricia de Lille, het te lank gewag om haar eie party tot stand te bring vir aanstaande jaar se verkiesing. De Lille het vroer aangekondig dat haar party, Good, amptelik in Januarie aanstaande jaar bekendgestel sal word wanneer die premierskandidate en verkiesingshandves aangekondig word. Sommige ontleders is vol vertroue dat die party goed sal vaar, terwyl ander dink die uitdagings vorentoe is te groot. Hoe volhoubaar is wegbreekpartye, en wie se verbeelding gryp hulle aan?

  • Praat saam 3 Desember 2018
    Maandag 3 Desember 2018

    Die waarnemende president, David Mabuza, s die regering is besig om `n gesondheidsdiens te skep wat alle Suid-Afrikaners sal bevoordeel ongeag hulle ras, geslag of status. Mabuza was die hoofspreker by die nasionale herdenking van Wreld Vigsdag in Dobsonville in Soweto. Hy het die jeug aangemoedig om verantwoordelikheid vir hulle eie lewe te neem, toetse te ondergaan en veilige seks toe te pas. Hoe hanteer Suid-Afrika tans die MIV/Vigs-uitdagings?