Nou op die lug

Spitstyd

15:00-18:00

Interaktief

EposTwitter

Aanbieders

TERUG NA AANBIEDERS

Lynette Francis-Puren

  • Praat saam 21 September 2020
    Maandag 21 September 2020

    Sake-eenheid Suid-Afrika (BUSA) het die verslapping van die inperkingsregulasies na vlak 1 verwelkom, hoewel die Nasionale Kleinsake-kamer meen dit is t min, t laat vir klein besighede. BUSA s hy het die regering gevra om die ekonomie weer oop te stel, maar om terselfdertyd na die publiek se gesondheid om te sien. Wat s kleinsake-eienaars en -werkers oor die hoop of hopeloosheid vir die kleinsakesektor?

  • Praat saam 18 September 2020
    Vrydag 18 September 2020

    Die DA s die Minister van Polisie, Bheki Cele, se ongekende haas om die kwartaallikse misdaadsyfers bekend te maak, is politieke opportunisme om die illusie te skep dat die stryd teen misdaad gewen word tydens die inperkingsmaatrels. Die afgelope paar maande het ons verskeie gesprekke oor die polisie en die uitvoering van hulle pligte gehad. Vandag val die kollig op die stand van polisiestasies en die hulpbronne wat tot die diens en die speurders se beskiking is om misdaad te bekamp.

  • Praat saam 17 September 2020
    Donderdag 17 September 2020

    Talle internasionale glanspersoonlikhede het besluit om hulle Facebook- en Instagram-rekeninge tydelik te vries. Dit is deel van 'n wreldwye veldtog om die aandag en teenkanting te vestig op die verspreiding van haat en propaganda op sosiale media. Die organiseerders van die Stop Haat vir Wins-veldtog s waninligting ondermyn demokrasie en verkiesingsprosesse. Hulle moedig gebruikers van sosiale media aan om hulle Facebook- en Instagram-rekeninge vir 24 uur te sluit. Watter invloed en impak het sosiale media op gebruikers se besluite?

  • Praat saam 16 September 2020
    Woensdag 16 September 2020

    Dinsdag 15 September was Wrelfdag van Demokrasie, wat in 2007 deur die Verenigde Nasies begin is. Die geskiedenis het ons geleer dat die grense tussen vryheid en anargie soms fyn en vlak l, soms grys en ander kere soos n fakkel is wat nuwe hoop in donker tye van n diktatuur bring. Vandag doen ons 'n bestekopname van Suid-Afrika se demokrasie, en die uitdagings die afgelope twee dekades.

  • Praat saam 15 September 2020
    Dinsdag 15 September 2020

    Die EFF het met hulle Clicks-protesoptrede daarin geslaag dat TRESemm-produkte vir tien dae van rakke verwyder is, studiebeurse aan vyf vrouestudente toegeken is, en sanitre doeke geskenk is. Die politieke party het ook onderneem om met die polisie saam te werk om diegene wat by plundering betrokke was, aan te keer. Hoe lyk die nuwe generasie aktiviste, en hoe effektief en opbouend is hulle protes?

  • Praat saam 14 September 2020
    Maandag 14 September 2020

    Die Khoisan-gemeenskap in die Noord-Kaap het die voorgestelde nasionale Khoi-en-San-erfenisroete verwelkom n die goedkeuring van die kabinet. Hierdie roete sal die erfenis van die Khoi-, Nama-, Griekwa-, Korana- en San-gemeenskappe bewaar en bevorder, en volgens leiers bewusmaking skep oor die Khoi- en San-gemeenskappe se bydrae tot Suid-Afrika se inheemse nalatenskap. In die verlede het Khoi-gemeenskappe benadruk hulle is ni Bruin nie. Moet ons voortaan die twee erfenisse skei?

  • Praat saam 11 September 2020
    Vrydag 11 September 2020

    Namibi het beperkings op internasionale toeriste verder verslap in 'n poging om te verhoed dat die toerismesektor in duie stort. Di sektor is swaar getref deur kansellasies van meer as $6,8-miljoen nadat die land se grense in Maart gesluit is weens die coronavirus. Die ministerie van toerisme s toeriste kan na hulle voorafbespreekte bestemmings reis en tot vyf dae aan bedrywighede deelneem, waarna hulle vir die virus getoets sal word. Indien hulle vir 'n korter tydperk as vyf dae by 'n bestemming bly, kan hulle na 'n volgende plek reis sonder om getoets te word. Plaaslik s die Oos-Kaapse premier, Oscar Mabuyane, die skerp afname in Covid-19-sterftes en nuwe gevalle, stel die provinsie in staat om ekonomiese groei opnuut aan te wakker, veral in die toerismebedryf. Wat moet ons doen om die sektor te help herstel post Covid-19 as ons 'n teenmiddel het?

  • Praat saam 10 September 2020
    Donderdag 10 September 2020

    President Cyril Ramaphosa s die reuse inkrimping in die land se ekonomie wat deur die coronaviruspandemie veroorsaak is, moet Suid-Afrikaners aanspoor om alles in hulle vermo te doen om die ekonomie te herbou. In n vraesessie met plaaslike redakteurs het hy die benarde situasie so opgesom: Daar is nie geld nie, maar daar is drie prosesse aan die gang om groei te stimuleer. Wat is die sosiale implikasies as die ekonomie verder versleg?

  • Praat saam 9 September 2020
    Woensdag 9 September 2020

    Die EFF het vir n tweede dag by verskeie Clicks-winkels landswyd betoog oor 'n hare-advertensie wat hulle as rassisties bestempel. EFF-leier Julius Malema het ondersteuners op sosiale media aangemoedig om Clicks-winkels te sluit. Die DA het intussen aangedui dat aanklagte teen Malema ingedien gaan word vir aanhitsing tot geweld en beskadiging van eiendom n gister se protesoptrede. Ons kyk na die verhouding tussen politici en die private sektor. Waar laat dit ons as die een in onguns by die ander val?

  • Praat saam 8 September 2020
    Dinsdag 8 September 2020

    'n Landros in Kaapstad het onlangs n man onskuldig bevind aan die verkragting van twee dogtertjies. Die meisies, drie en vier jaar oud, se getuienis was volgens die regter nie voldoende om die oortreder skuldig te bevind nie. Sake van n seksuele aard verlang dat kinders so jonk as vier moet getuig oor wat met hulle gebeur het. Wat moet in plek wees vir ondersoeke om te verseker dat daar geregtigheid vir kinderslagoffers is?