EposTwitter

Aanbieders

TERUG NA AANBIEDERS

Tharien Oosthuizen

  • Vers en klank 27 November 2018
    Dinsdag 27 November 2018

    In VERS EN KLANK is ons tans in 'n reeks waarin ons die alombekende Die Profeet van die digter en filosoof, Kahlil Gibran, as basis en bronteks gebruik en die gedigte rondom die betrokke tema laat sentreer. Hierdie week luister ons na gedigte oor godsdiens van T.T. Cloete, Coenie de Villiers, George Louw, Loftus Marais, Fourie Botha, Charl-Pierre Naudé, Susan Smith, Kobus Lombard en Churchil Naudé. Martelize Kolver is die voorleser.

  • Vers en klank 20 November 2018
    Dinsdag 20 November 2018

    Ons gaan voort met 'n reeks waarin ons die alombekende, Die Profeet, van die digter en filosoof, Kahlil Gibran, as basis en bronteks gebruik, en die gedigte rondom die betrokke tema laat sentreer. Hierdie week luister ons na gedigte oor huise van Breyten Breytenbach, Barend J. Toerien, H.A. Fagan, D.P.M. Botes, Theunis Engelbrecht, André le Toit, Jannie Coetzee, Marlise Joubert en Sheila Cussons. Die voorleser is Ludwig Binge. Daar is ook opnames van Laurika Rauch en Laurinda Hofmeyr.

  • SAUK se orrel gerestoureer
    Dinsdag 13 November 2018

    As deel van RSG Skatkis, saai RSG vanaand om 20:00, regstreeks ‘n orrelkonsert, Orrel Opgesmuk, uit. Hierdie is ter viering van die gerestoureerde orrel in die SAUK se M1-ateljee in Aucklandpark, Johannesburg, wat in 1976 geinstalleer is. Die orrel het in onbruik veral, en is die afgelope twee jaar gerestoureer. Professor Albert Troskie, ‘n orrelkenner, het met Tharien Oosthuizen oor die orrel gesels.

  • Vers en klank 6 November 2018
    Dinsdag 6 November 2018

    In die volgende paar weke se programme gaan ons die alombekende Die Profeet van die digter en filosoof, Kahlil Gibran, as basis en bronteks gebruik. Hierdie week luister ons na gedigte oor die dood deur Wilma Stockenström, Breyten Breytenbach, Corné Coetzee en N.P. van Wyk Louw. Joanie Combrink is die voorleser.

  • Vers en klank 30 Oktober 2018
    Dinsdag 30 Oktober 2018

    In die volgende paar weke se programme gaan ons die alombekende Die Profeet van die digter en filosoof, Kahlil Gibran, as basis en bronteks gebruik en die gedigte rondom die betrokke tema laat sentreer. Hierdie week luister ons na gedigte oor vryheid deur Breyten Breytenbach, Adam Small, Piet de Jager, Stef Bos, Sheila Cussons en Koos du Plessis. Marlo Minnaar is die voorleser.

  • Vers en klank 23 Oktober 2018
    Dinsdag 23 Oktober 2018

    In die volgende paar weke se programme gaan ons die alombekende DIE PROFEET van die digter en filosoof, Kahlil Gibran, as basis en bronteks gebruik, en die gedigte rondom die betrokke tema laat sentreer. Vandeesweek luister ons na gedigte oor vreugde en verdriet van Sheila Cussons, Lina Spies, T.T. Cloete, Antjie Krog, Gilbert Gibson, Breyten Breytenbach, Carina Stander, Dolf van Niekerk en ’n lied van Churchil Naudé, wat as ’n poëtiese teks gelees kan word. Roeline Daneel is die voorleser.

  • Vers en klank 16 Oktober 2018
    Dinsdag 16 Oktober 2018

    In die volgende paar weke se programme van VERS EN KLANK gaan ons die alombekende Die Profeet van die digter en filosoof, Kahlil Gibran, as basis en bronteks gebruik. Hierdie week luister ons na gedigte oor die huwelik. Jy kan uitsien na gedigte van Antjie Krog, Danie Marais, Corlia Fourie, M.M. Walters, Elisabeth Eybers, Fanie Olivier en T.T. Cloete. Ronél Geldenhuys en Johann Nel is die voorlesers.

  • Vers en klank 9 Oktober 2018
    Dinsdag 9 Oktober 2018

    In die volgende paar weke se programme gaan ons die alombekende Die Profeet van die digter en filosoof, Kahlil Gibran, as basis en bronteks gebruik, en die se gedigte rondom die betrokke tema laat sentreer. Hierdie week luister ons na gedigte oor kinders deur Antjie Krog, Jeanne Goosen, Lina Spies, Danie Marais, Carina Stander, Corlia Fourie, Ingrid Jonker en W.E.G. Louw. Rolanda Marais is die voorleser.

  • Vers en klank 2 Oktober 2018
    Dinsdag 2 Oktober 2018

    In die volgende paar weke se programme word die alombekende, Die Profeet, van die digter en filosoof, Kahlil Gibran, as basis en bronteks gebruik. Elke program sal op 'n tema gebaseer wees. Hierdie week begin ons by die Liefde, wat seker maar altyd onderliggend en oorkoepelend is. Daar is gedigte van Adam Small, Lina Spies, I.D. du Plessis, Hans du Plessis, George Weideman, Vincent van der Westhuizen, Jolyn Phillips, Louise Boshoff en Yabadaka Shamah. Dean Balie en Daneel van der Walt is die voorlesers.

  • Vers en klank 25 September 2018
    Dinsdag 25 September 2018

    Iemand het haar tereg beskryf as ‘n “national treasure”. Die voormalige aanbieder van Vers en Klank, Margot Luyt, lees haar aller-, aller-, allerbeste gedigte voor van onder andere D.J. Opperman, N.P. van Wyk Louw en Elisabeth Eybers.