Biografie
Johnny het in Desember 2007 by RSG aangesluit as aanbieder en regisseur. Vrydagaande kan luisteraars na hom luister in die program Oppiradio en Al daai jazz, waarin daar gefokus word op die Suid-Afrikaanse musiekbedryf. Hy gesels elke week met kunstenaars, kenners en rolspelers in die bedryf en vertel luisteraars watter optredes hulle waar kan gaan luister. Verder koördineer hy sport en saai krieket- en sokkerwedstryde uit. Johnny is ook die aanbieder van RSG Sport op Woensdae, Vrydae en Saterdae.
Sy filosofie is om te leef asof vandag jou laaste dag op aarde is.
Hy is baie lief vir sing en doen dit graag in die kerk of wanneer die geleentheid hom voordoen.
'n Saak wat Johnny na aan die hart lê is kanker en hy sou graag betrokke raak by 'n organisasie soos CANSA. “Kanker is een van daardie siektes wat jou soos 'n dief in die nag bekruip, en ek het al familie en vriende weens die siekte verloor,” sê hy.
e-pos: johnny@rsg.co.za

