LUISTER NOU

NOU OP DIE LUG

Oggend op RSG

'n Leefstyl-program met musiek, humor, kompetisies, 'n boekvoorlesing en 'n sielsgedagte. Daar word ook gepraat oor regsake, geldsake, gesondheidsake, hulp met die grootmaak van kinders, kosmaak, fotografie en troeteldiere.

MEER INLIGTING
Fair 6°/21°
WEER Wind: WNW
TERUG NA AANBIEDERS

Ian Wessels

Ian Wessels

Biografie

Ian is sedert Mei 2009 die aanbieder van Middag op RSG tussen 12:00 en 15:00. Die tydgleuf sluit natuurlik die gewilde Loslip in. Luisteraars kan regstreeks per telefoon, e-pos of SMS aan dié program deelneem.

Sy filosofie is om te vergeet van wat die mense sal sê en om met oorgawe te wees wie jy reeds is. Hy sê die lewe gaan oor keuses en hoewel 'n mens nie kan kies wat met jou gebeur nie, kan jy kies hoe jy daarop regeer. Daardie keuses bepaal jou toekoms. “Omring jouself met positiwiteit en vermy jammergatte en martelgatte,” sê hy.

Benewens sy werk as omroeper by RSG skryf Ian gereeld radioadvertensies en doen vertalings en stemwerk vir radio en TV in Afrikaans en Engels. Een van die projekte wat hy in samewerking met RSG aangepak het, is sy boek Loslippig. Dit gee 'n loslipkykie na menswees en lewer humoristiese sosiale kommentaar aan die hand van onderwerpe waaroor ons op Loslip gesels het. Nog 'n projek waarby hy betrokke is, is sy humoristiese eenmanvertoning, ook getiteld Loslippig. Die vertoning bestaan uit nuwe materiaal en kyk na hoe verskillende mense die lewe benader. Daarbenewens tree Ian ook as seremoniemeester en gasspreker.

Ian sou graag wou betrokke raak by 'n organisasie wat hulle beywer vir kankerleiers of gesiggestremdes.

e-pos: ian@rsg.co.za

 

Ian Se Programme

Loslip

Maandag, Dinsdag, Woensdag, Donderdag en Vrydag, 14:00-14:45

Middag op RSG

Maandag, Dinsdag, Woensdag, Donderdag en Vrydag, 12:00-13:00
SIEN ALLES

PROMOSIES

Loslip

Loslip

14:00-14:45 | Donderdag 17 Mei 2012


Gay huwelike het onlangs in die Amerikaanse presidentsverkiesingveldtog ter sprake gekom toe president Barack Obama hom ten gunste daarvan uitgespreek het. 'n Gay-luisteraar vra hoekom dit so 'n groot kwessie is as dit niemand anders raak behalwe die twee persone wat wil trou nie?


MEER

IAN SE FOTO'S

Ian Wessels

MEDIAFOTO'S

Ian Wessels