Epos

Aanbieders

Valda Jansen

Valda Jansen
Biografie

Valda Jansen is redakteur by RSG se aktualiteitsprogramme Monitor, Spektrum en Naweekaktueel.

Sy was voorheen 'n koerantjoernalis en 'n Duits-onderwyser. Sy hou van mooi woorde, onbekende strate, Kaapstad en Kreta, en van mense wat sy kan vertrou. Bo alles glo sy onwrikbaar in boeke.

Toe sy 8 jaar gelede 'n kind kry, was sy so bly want van toe af was daar 'n geldige verskoning om armsvol kinderboeke te koop en in restaurante is dit so lekker om te sit en prente inkleur! En deur haar dop te hou het die kind ook geleer om saans met 'n boek in die hand aan die slaap te raak.

In 'n vorige lewe het sy gedigte gekryf wat in 'n groot verseboek verskyn het.

Sy glo daarin om e-pos en Facebook-boodskappe in goeie Afrikaans te skryf.

Sy en haar dogtertjie speel saam klavier en deesdae stap hulle ook in kunsgalerye rond.

En sy is druk besig om in te pak vir die gesin se volgende oorsese reis...