Biografie
Jako het hom in 2008 by die nuusredaksie aangesluit. Hy hou hom besig met die soek, skryf, vertaal en saamstel van nuusbulletins.
Jako glo alles waaraan 'n mens tyd bestee, moet jou verryk. Selfs op die oog af belaglike drome moet nagejaag word, sê hy. Verder probeer hy fokus op ervarings en verhoudings wat hom vreugde bring.
In sy vrye tyd hou Jako sy lyf akteur en het al in 'n hele paar verhoogproduksies en TV-advertensies verskyn. Hy is ook 'n deeltydse student aan Unisa waar hy besig is om sy B. Mus-graad te voltooi. Verder probeer hy so nou en dan aan sy droom om skrywer te word, te skaaf. “Dit gebeur egter net elke nou en dan as die goeie kuiers, goeie kos, goeie TV en dies meer nie in die pad kom nie,” sê hy.
Opheffingswerk lê vir Jako na aan die hart en hy sou graag wou betrokke raak by so 'n organisasie. Verder glo hy liefde vorm die grondslag vir 'n probleemvrye gemeenskap.
e-pos: krigej@sabc.co.za


