Biografie
Hoewel Ivor Price reeds op 14-jarige ouderdom sy eerste smakie van die mediawêreld gekry het toe ’n berig onder sy naam in die koerant verskyn het, was hy maar nog altyd skugter vir radio as medium. “Die onmiddellikheid daarvan het my afgeskrik,” vertel hy, “en ek was nie seker of mense van my stem sal hou nie. As luisteraar verander ek tog self van stasie as ek nie hou van wat ek hoor nie!”
Ivor het naam gemaak as joernalis en gewilde rubriekskrywer by van Media24 se Afrikaanse dagblaaie. Sy loopbaanhoogtepunte sluit in tyd in Londen as buitelandse korrespondent, en die vestiging van Afrikaanse jeugpublikasies, waaronder die (nou ontslape) manstydskrif ZOO Weekliks en die studentetydskrif 24.
Benewens Befonk, is hy ook aanbieder van Met raad en daad Sondagmiddae op RSG. Ivor het kwalifikasies van die Kaapse Technikon, die Universiteit van Stellenbosch Bestuurskool en die Institute for the Advancement of Journalism.
e-pos: pricei@sabc.co.za


