LUISTER NOU

NOU OP DIE LUG

Praat Saam

PRAAT SAAM is die kans vir elke luisteraar om sy sê te sê en deel te wees van die openbare debat. Dit is jou program om inligting te kry, ander se perspektiewe te hoor en gesamentlik te help soek na oplossings.

MEER INLIGTING
Unknown 5°/20°
WEER Wind: N
TERUG NA AANBIEDERS

Philip de Vos

Philip de Vos

Biografie

Philip de Vos is bekend as oud-onderwyser, skrywer, digter, vertaler, blogskrywer en fotograaf. Hy het ook oor die jare as operasanger meer as 40 karakterrolle in operas vertolk.

Hy het reeds 25 boeke gepubliseer en het verskeie literêre pryse vir sy skryfwerk ontvang.Hy het ook die tekste vir musiekwerke geskryf onder andere Moessorgski se Prente by ’n Uitstalling en Robert Schumann se Kinderszenen en sy woorde vir Saint-Saëns se Karnaval van die Diere het ook in die VSA, en in vertaalde vorm in Italië, Duitsland en Nederland verskyn. Sy roman TRAZOM (’n Mozart-verhaal), later verwerk as Tot siens, Tommasino is vroeër op RSG voorgelees.

Sy CD Brommer in die Sop waarin hy Albie Louw-toonsettings van sy werk sing, is in 1998 vrygestel.