Epos

Aanbieders

Izak du Plessis

Izak du Plessis
Biografie

Ek het ‘n huisie in Melville, Johannesburg, maar my bed is altyd opgemaak omdat ek ‘n vrysinnige rondslaper is. In Jozi is dit nie moeilik nie, want hier is talle rusbanke waar ‘n rondloper soos ek my kop kan neerlê.

Ek is hartstogtelik lief vir Jozi. Sy is die mooiste stad in die wêreld. Daarom sal jy my soggens vroeg en skemer se kant êrens op ‘n koppie kry besig om my te verwonder aan die son wat besig is om hierdie stad in te kleur. Soms is die dag ‘n geel sambreel, anderdag ‘n grys jas en môre ‘n pienk tuinhoed. Elke dag Is ‘n ander kleur. Elke dag ‘n ander storie.

Stories is die sin van my lewe. Daarom geniet ek my werk by Monitor en Spektrum. Hier leef ek elke dag in ‘n storieveld waar ek handevol stories soos grashalms pluk.

Ek skryf graag gedigte in my vrye tyd. Ek het al ‘n handvol op Litnet en een of twee ander plekke gepubliseer. Maar my grootste prestasie is dat vier van my gedigte in die bundel Nuwe Stemme 5 opgeneem is.