EposTwitter

Aanbieders

Dee Theart

Dee Theart
Biografie

Ek is in Johannesburg gebore, maar het as tiener na die Moederstad verhuis. Een van my gunsteling tydverdrywe as kind was om radio-radio saam met my maats te speel.

In Matieland het ek reeds in my eerste jaar by die kampusstasie MFM betrokke geraak tydens my Drama- en Teaterstudies. Na ’n nagraadse kwalifikasie in Vertaling en Redigering, het ek vir ’n jaar voltyds betrokke geraak by MFM as aanbieder. Daarna was daar geen keer nie en betrokkenheid by ’n paar gemeenskaps- en aanlynstasies het gevolg.

Benewens aanbieder van Woensdag se Befonk-program op RSG, is ek ook bedrywig as MC, stemkunstenaar, musiekjoernalis en band-bestuurder.

Ek het ’n liefde vir teater wat jou oortuigings bevraagteken, kwaliteitfilms wat by jou spook, musiek wat die siel roer en oopkop mense wat net so goed kan luister as saamgesels. Ek is nie lief vir spanspek, onprofessionele gedrag en mense wat nie weet hoe om hulle motor se flikkerligte te gebruik nie. My drome is groot, maar my ambisie is groter. Elke nuwe dag bied ’n geleentheid om my passies my werk te maak.