Epos

Aanbieders

Esté Gross

Esté Gross
Biografie

Esté Gross voltooi haar radio-internskap by RSG in 2013, en is sedert 2014 'n vryskut omroeper en insetsel- en programmaker.

Behalwe vir haar liefde vir joernalistiek, is sy ook passievol oor musiek en hou sy daarvan om haarself as musikant uit te leef.

"Ek was nog altyd opsoek na 'n geleentheid waar ek my liefde vir radio, joernalistiek en musiek kan uitleef. RSG bied die ideale geleentheid.”

Esté het veral ‘n passie vir diere, is mal oor die see en wil nog die wêreld plat reis.

"Ek glo dat jy elke dag jou passie moet uitleef en ander moet aanspoor om dieselfde te doen. Môre is net so vêr van jou af soos gister. Leef vir vandag. Sê ja vir avontuur en die onvoorspelbare!”