Aanbieders

Robyn van der Rhede

Robyn van der Rhede
Biografie

Robyn het ‘n Meestersgraad in Drama en Teaterstudie aan die Universiteit van Stellenbosch behaal. Sy het ook ‘n nagraadse Onderwyssertifikaat, en is ‘n hoërskool drama-onderwyser wanneer sy nie agter die mikrofoon is nie. Sy het ‘n groot liefde daarvoor om op ‘n daaglikse basis met tieners te werk.

“Terwyl ek my liefde vir Drama en Teater met hulle deel, deel hulle graag hulle wêreld met my. Ek leer elke dag iets nuuts by my leerders; hulle hou my beslis op my tone!”