Aanbieders

Eloise Pretorius

Eloise Pretorius
Biografie

Eloise Pretorius het onlangs aangesluit by die Wes-Kaapse Departement van Landbou as die nuwe stem van Radio Elsenburg. Voor dit was sy deel van die span by Smile90.4FM in Kaapstad vir ses jaar, nadat sy vir 14 jaar diens gedoen het by OFM. Eloise is passievol oor alle vorme van uitsaai, en sien daarna uit om die goeie nuus uit die landbousektor met luisteraars te deel.

Sy is lief vir reis en diere, en glo vas dat radio as medium die mag het om ‘n positiewe verskil aan mense se lewens te maak, en ‘n waardevolle bydrae kan lewer.