Aanbieders

Chris Maas

Chris Maas
Biografie

Chris het in 2016 ‘n honneursgraad in joernalistiek aan die Universiteit van Kaapstad behaal. Gedurende sy honneursjaar het hy in filmstudies en joernalistiek klas gegee aan eerstejaarstudente. Hy het ook by UP jaarkursusse voltooi in Drama, Engels, Geskiedenis en Afrikaans. Sedert 2018 doen hy  radiowerk vir die landbou. In 2005 en 2006 was hy tenoor in die Camerata Universiteitskoor van die Universiteit van Pretoria. Hy het ‘n Camerata-toer na Kenia, Tanzanië en Zanzibar meegemaak. Tydens sy hele hoërskoolloopbaan was hy lid van die Affiekoor van Afrikaaans Hoër Seunskool. Met die koor was hy twee keer na Europa: eers na Duitsland, Frankryk en België en later na Duitsland en die Tsjeggiese Republiek.   

Chris reis graag en het al onder meer tyd deurgebring in Noorweë, Swede, Thailand en Brittanje (waar hy vir ‘n jaar kabaretwerk gedoen het) . “Ek skryf graag en geniet akademiese werk. Ek het ook ‘n groot belangstelling in musiek en visuele kunste asook in radiowerk.”