TwitterFacebook

Aanbieders

Bettie Kemp

Bettie Kemp
Biografie

Op Laerskool Totius in Bellville het my spraak- en dramajuffrou, Tossie Lochner (van Monitorfaam), my aangekeer vir 'n stemtoets by die SAUK in Seepunt. Van toe af "saai ek uit." As kind moes ek op 'n kassie staan om by die mikrofoon by te kom vir my rolle in die aandvervolgverhale en radiodramas. Later het ek begin om self dramas te regisseer, nuus te lees en programme te maak: ván Jongspanateljee tót tydskrifprogramme en dokumentêre reekse soos Daar's ink in ons are. Radio word nie verniet "theatre of the mind" genoem nie. Jy kan toor met klank, woord en musiek. Dis fantasties om 'n werkplek te hê wat ook jou speelplek is. Boonop sorg die ontploffing van inligting en kwaai mededinging in die media dat jy altyd op jou tone bly en aan die snykant van gebeure is. . . ek's mal daaroor!

Bettie se programme
Gelukwense aan Bejaardes