Biografie
André Coetzee het in 1979 by die destydse Afrikaanse Radiodiens aangesluit as omroeper/regisseur. Ná 'n kort verblyf in Johannesburg is hy Port Elizabeth toe verplaas. Tydens sy verblyf van bykans 14 jaar in die Oos-Kaap het André 'n groot verskeidenheid programme aangebied, hoorbeelde gemaak en sport uitgesaai. Sy groot liefde is krieket en hy het ook die geleentheid gehad om verskeie toere van die Suid-Afrikaanse span mee te maak met die groot hoogtepunt die Wêreldbeker Toernooi in Engeland in 1999. Hy het ook die voorreg gehad om twee keer die Wimbledon Tennistoernooi uit te saai. Hy het in 1990 begin met die program Countryklanke wat steeds uitgesaai word. Hy is getroud met Chrissie en het twee seuns, Jacques en Francois.
e-pos: andrefc@vodamail.co.za


