LUISTER NOU

NOU OP DIE LUG

Praat Saam

PRAAT SAAM is die kans vir elke luisteraar om sy sê te sê en deel te wees van die openbare debat. Dit is jou program om inligting te kry, ander se perspektiewe te hoor en gesamentlik te help soek na oplossings.

MEER INLIGTING
Fair 15°/28°
WEER Wind: SSW
TERUG NA AANBIEDERS

Martelize Brink

Martelize Brink

Biografie

Martelize het in 2004 haar stem vir die eerste keer op RSG laat hoor. Sy hou haar besig met Oggend op RSG en dokumentêre programme.

Martelize se filosofie in die lewe is: Jy doen sleg wanneer jy niks goed doen nie.

Sy is op haar gelukkigste wanneer sy saam met vriende om 'n tafel kuier met lekker kos en 'n goeie glas rooiwyn. Musiek is haar passie en 'n solokitaarsessie by die huis is net wat sy nodig het om die stres 'n bietjie te laat wyk. Martelize is ook baie lief vir kook en is verslaaf aan oefening.

In haar vrye tyd tree sy gereeld as motiveringspreker en seremoniemeester op. “Dit lyk my mense voel ook ek het 'n sekere vlak van wysheid om met die wêreld te deel,” sê sy.

Kinders lê Martelize ook na aan die hart, daarom sou sy graag wou betrokke raak by 'n organisasie soos SOS Villages om kinders te help.

e-pos: brink@rsg.co.za

 

Martelize Se Programme

Dieremaniere

Donderdag, 11:00-11:50

Joune

Vrydag, 11:00-11:50

Oggend op RSG

Maandag, Dinsdag, Woensdag, Donderdag en Vrydag, 09:00-09:55

Oggend op RSG: Groeteboodskappe

Maandag, Dinsdag, Woensdag, Donderdag en Vrydag, 10:00-10:50

Wat sê die Dokter?

Woensdag, 11:00-11:50

MARTELIZE SE FOTO'S

Modeltreine

MEDIAFOTO'S

Martelize Brink