Biografie
Fakir het 14 jaar gelede by RSG aangesluit. Hy is verantwoordelik vir RSG se Rekenaarrubriek waar hy met gaste gesels oor tegnologie en interessanthede rakende rekenaars.
Fakir glo dat iemand altyd moet kan baat vind by dit wat hy doen in sy werk en in sy persoonlike lewe, hetsy dit 'n vriend, familie of 'n luisteraar is.
Hy stel veral belang in musiek en flieks, veral Bollywood-flieks. Hy het trouens al twee boeke oor Bollywood in Suid-Afrika geskryf.
Fakir sou graag wil uitreik na kinders of bejaardes. Dit maak hom baie kwaad as hy sien hoe mense vir straatkinders wat op straathoeke gom snuif, geld gee.
e-pos: hassenf@sabc.co.za


