Biografie
Anita het in September 1997 by RSG aangesluit. Sy is lid van die Monitor, Spektrum en Naweekaktueel-produksiespan. Naweke hou sy luisteraars op hoogte van die jongste aktuele sake met Naweekaktueel op Saterdae en Sondagaande met Kommentaar.
Anita glo reis maak 'n mes se kop oop vir dinge, daarom probeer sy soveel as moontlik daarvan doen.
In haar werk is dit vir haar belangrik om dinge deeglik te doen.
Sy is baie lief vir kook en om mense te onthaal. Verder lees sy graag en hou veral van biografieë.
Diere lê vir Anita na aan die hart en sy sal graag betrokke raak by 'n organisasie wat die welsyn van diere op die hart dra.
e-pos: anita@rsg.co.za


