LUISTER NOU

NOU OP DIE LUG

Oggend op RSG

'n Leefstyl-program met musiek, humor, kompetisies, 'n boekvoorlesing en 'n sielsgedagte. Daar word ook gepraat oor regsake, geldsake, gesondheidsake, hulp met die grootmaak van kinders, kosmaak, fotografie en troeteldiere.

MEER INLIGTING
Fair 6°/21°
WEER Wind: WNW
TERUG NA AANBIEDERS

Tharien Oosthuizen

Tharien Oosthuizen

Biografie

Tharien was voorheen een van 'n paar musiekregisseurs by die Afrikaanse radiodiens. Na 'n paar draaie het sy egter weer in Julie 2006 by RSG aangesluit. Sy is tans verantwoordelik vir al die tegniese aspekte van RSG. Dan hou sy haar lyf ook musiekprogramregisseur. Dit beteken sy is verantwoordelik vir die klassiekemusiekprogramme en die algemene speellys.

Eerlikheid is vir Tharien baie belangrik en sy probeer altyd die goeie in almal raaksien. Verder glo sy daaraan dat 'n mens teenoor ander mense moet optree soos wat jy wil hê hulle teenoor jou moet optree.

Vriende en haar gesin die ligpunte in haar lewe, daarom is sy mal oor kook en kuier saam met vriende en haar gesin.

Vir Tharien, wat self 'n ma is, is kinders kosbaar, daarom sal sy graag haar beursie oopmaak vir 'n kinderhuis.

e-pos: tharien@rsg.co.za

 

Tharien Se Programme

Dis Klassiek

Woensdag, 21:10-22:00

Vers en Klank

Dinsdag, 21:10-21:40
SIEN ALLES

PROMOSIES

Dis Klassiek

Dis Klassiek

21:10-22:00 | Woensdag 23 Mei 2012


Ignaz Mocheles is ’n Joodse komponis wat ‘n vriend en onderwyser van Felix Mendelssohn was. Luister na die Klavierkonsert no. 6 in B-mol majeur opus 90 van Mocheles en na uitreksels uit Felix Mendelssohn se Somersnagdroom, geïnspireer deur Shakespeare.


MEER

MEDIAFOTO'S

Tharien Oosthuizen