LUISTER NOU

NOU OP DIE LUG

Oggend op RSG

'n Leefstyl-program met musiek, humor, kompetisies, 'n boekvoorlesing en 'n sielsgedagte. Daar word ook gepraat oor regsake, geldsake, gesondheidsake, hulp met die grootmaak van kinders, kosmaak, fotografie en troeteldiere.

MEER INLIGTING
Fair 6°/21°
WEER Wind: WNW
TERUG NA AANBIEDERS

Evert Snyman

Evert Snyman

Biografie

Evert Snyman het in 1976 by die Transvaalse Raad vir die Uitvoerende Kunste (TRUK), as akteur begin werk en is twee jaar later Lugmag toe waar hy by KOLOT - die kollege vir opvoedkundige tegnologie - as regisseur, draaiboekskrywer en stemkunstenaar dokumentêre programme vir die weermag vervaardig het. Hy tree deurentyd op as akteur in verskillende radiodramas en reekse vir die destydse Afrikaanse Radiodiens en Springbokradio. In 1982 sluit hy hom aan by die Afrikaanse Radiodiens as omroeper/regisseur en twee jaar later gaan werk hy by Mimosafilms as regisseur/akteur/draaiboekskrywer. Hy verlaat Mimosa films aan die einde van 1984 en betree die vryskutmark as akteur, omroeper, regisseur en skrywer tot in 1987 en keer terug na die Afrikaanse radiodiens as Senior Omroeper/Regisseur. Hy word in 1994 bekroon met ‘n Artes-toekenning as Beste Uitsaaier: Radiodienste wat in Engels en Afrikaans uitsaai.

e-pos: evertsnyman@telkomsa.net

 

Evert Se Programme

Storietyd

Maandag, Dinsdag, Woensdag, Donderdag, Vrydag en Saterdag, 19:10-19:15

Storietyd

Maandag, Dinsdag, Woensdag, Donderdag, Vrydag en Saterdag, 20:00-20:05

MEDIAFOTO'S

Evert Snyman