LUISTER NOU

NOU OP DIE LUG

Oggend op RSG

'n Leefstyl-program met musiek, humor, kompetisies, 'n boekvoorlesing en 'n sielsgedagte. Daar word ook gepraat oor regsake, geldsake, gesondheidsake, hulp met die grootmaak van kinders, kosmaak, fotografie en troeteldiere.

MEER INLIGTING
Fair 6°/21°
WEER Wind: WNW
TERUG NA AANBIEDERS

Frikkie Wallis

Frikkie Wallis

Biografie

Frikkie is 'n nuusskrywer by RSG se bulletinlessenaar. Hy is al bykans 40 jaar by die radio werksaam.

Frikkie het in 1972 in Bloemfontein se nuuskantoor van die SAUK begin werk, later TV-nuus se eerste Vrystaatse verteenwoordiger geword en is nog later aangestel as omroeper - ook in Bloemfontein.

Hy is twee keer bekroon met die Akademie van Wetenskap en Kuns se radioprys vir hoorbeelde. Hy is ook die skrywer van Nuusdagboek - Feite en Flaters oor 1,000 jaar en versorg daagliks Vandag Wat Was vir Beeld, Burger en Volksblad en vir Kosmos 94.1 in Windhoek.

Frikkie Is gek oor kosmaak en is besig om honderde resepte uit te toets vir sy boek Die Kos Wat My Ma Gemaak Het. Hy is getroud met Maria wat ‘n televisienuusskrywer is.

e-pos: wallisf@sabc.co.za

 

MEDIAFOTO'S

Frikkie Wallis