LUISTER NOU

NOU OP DIE LUG

Oggend op RSG

'n Leefstyl-program met musiek, humor, kompetisies, 'n boekvoorlesing en 'n sielsgedagte. Daar word ook gepraat oor regsake, geldsake, gesondheidsake, hulp met die grootmaak van kinders, kosmaak, fotografie en troeteldiere.

MEER INLIGTING
Fair 6°/21°
WEER Wind: WNW
TERUG NA AANBIEDERS

Gerrie Scheepers

Gerrie Scheepers

Biografie

Gerrie het in 2005 saam met Niekie van den Berg opsommings van rugby wedstryde begin uitsaai en 'n jaar later het hy op sy eie begin uitsaai.

Hy beskou homself as 'n ekstrovert en hou daarvan om tussen mense te wees. Hy het 'n goeie sin vir humor en hou daarvan om mense te laat lag. Gerrie glo mense is verantwoordelik om hul eie geleenthede in die lewe te skep. “As jy dit nie doen nie, gaan iemand anders die geleentheid gryp,” sê hy.

In sy vrye tyd speel Gerrie graag 'n ronde gholf saal met vriende of bestee 'n bietjie gehaltetyd saam met sy dogtertjie, Giana, en sy vrou, Colleen. “Ek skuld hulle baie tyd omdat ek naweke dikwels weg is, en hulle is my grootste ondersteuners,” sê hy.

Gerrie het 'n sagte plekkie vir kinders. “Om betrokke te wees by kinders, is soos 'n belegging.” Hy glo kinders is weerloos en afhanklik van grootmense, daarom moet ons na ons kinders omsien.

MEDIAFOTO'S

Gerrie Scheepers