LUISTER NOU

NOU OP DIE LUG

Oggend op RSG

'n Leefstyl-program met musiek, humor, kompetisies, 'n boekvoorlesing en 'n sielsgedagte. Daar word ook gepraat oor regsake, geldsake, gesondheidsake, hulp met die grootmaak van kinders, kosmaak, fotografie en troeteldiere.

MEER INLIGTING
Fair 6°/21°
WEER Wind: N
TERUG NA AANBIEDERS

Danielle Wass

Danielle Wass

Biografie

Danielle het in Januarie 2004 as joernalis/regisseur by Monitor en Spektrum begin werk en twee jaar later amptelik by die RSG-span aangesluit.

Deesdae doen sy alles en nog wat. Op Dinsdae lees sy die nuus in Tjailatyd en op 'n Woensdagaand tree sy as kontinuïteitsaanbieder op. Verder is Danielle verantwoordelik vir die inhoud van Kinderhoekie, en op Donderdagoggende bied sy Dieremaniere aan. Verder stel sy dokumentêre programme saam asook ander programme waar nodig, veral vir spesiale dae en geleenthede.

Danielle glo sy het verskillende filosofieë vir verskillende situasies, maar oor die algemeen voel sy baie sterk dat 'n mens nie ander mense op hul baadjies moet takseer nie. Leef en laat leef is haar leuse.

Sy hou verskriklik baie van lees. “As ek kon, sou ek elke dag 'n boek kon klaar lees,” sê sy. Verder hou sy daarvan om tyd in die natuur en saam met haar gesin deur te bring. Sy doen ook graag gemeenskaps- en opheffingswerk.

Kinders en stukkende mense lê haar baie na aan die hart. “Om tyd by 'n tehuis of sorgsentrum deur te bring, wakker altyd twee emosies in my op: diepe dankbaarheid vir my bevoorregte lewe en diepe pyn vir die leed van ander,” sê sy.
 

 

e-pos: danielle@rsg.co.za

 

MEDIAFOTO'S

Danielle Wass