Biografie
Judith is 'n senior nuusskrywer by RSG se bulletinlessenaar. Sy is op Vosburg in die Noord-Kaap gebore en het op Prieska grootgeword waar sy tot matriek skool gegaan het. Sy het BA-UOD aan die Universiteit van die Vrystaat geswot en ‘n onderwyspos as Engelse onderwyseres in Upington aanvaar. Twee jaar later kry sy ‘n pos by die Tygerberg Hoërskool in Parow-Noord.
Sy trou en het ‘n dogter. Toe doen sy deeltyds 'n B.ed-graad op Stellenbosch. Sy trek Johannesburg toe waar sy uiteindelik na Goudstad Onderwyserskollege gesekondeer is waar sy Engels dosseer. Judith begin toe ‘n gedosseerde Meestersgraad in Toegepaste Linguistiek by RAU. Sy skei en het nie geld om dit klaar te maak nie.
Sy doen aansoek by die SAUK en begin op die Engelse nuuslessenaar te werk. Die groot uittog van Afrikaanse skrywers begin en sy skuif na die Afrikaanse nuuslessenaar waar sy steeds lekker werk en dit baie geniet.
Judith tree in 2012 af as sy nie voor die tyd uitgeskop word of dood neerslaan nie! Sy was baie betrokke by amateurtoneel en het gereeld as beoordeelaar opgetree. Sy hou baie van kook en lees en haar eie geselskap.
e-pos: lubbej01@sabc.co.za


