LUISTER NOU

NOU OP DIE LUG

Praat Saam

PRAAT SAAM is die kans vir elke luisteraar om sy sê te sê en deel te wees van die openbare debat. Dit is jou program om inligting te kry, ander se perspektiewe te hoor en gesamentlik te help soek na oplossings.

MEER INLIGTING
Fair 5°/22°
WEER Wind: N
TERUG

BLOKKIESRAAISEL

Hierdie week se prys is 2 nagte se akkomodasie vir 2 persone by die Tsitsikamma Village Inn naby die Stormsriviermond in die Oos-Kaap. Die prys sluit akkomodasie en ontbyt in. Die wenner sal 'n bewys kry en moet self met die hotel skakel om die bespreking te reël vir datums wat beide pas. Voorwaardes geld dus. Besoek hulle by www.tsitsikammahotel.co.za.

Vul die blokkiesraaisel in en ontsyfer die letters wat omkring is. Hierdie week se leidraad is: VIND KAIN SE BROER WAAR BABAS GEBORE WORD (4,9).

SMS BLOKRAAI en jou antwoord na 33343 om in aanmerking te kom vir die prys. Elke SMS kos R1.50.

Hierdie kompetisie sluit op Sondag 8 Desember. Die wenner sal op Maandag 9 Desember in Oggend op RSG bekendgemaak word.

Hierdie is die laaste blokkiesraaiselkompetisie vir 2013.

Blokkiesraaisel verskaf deur XWord.



Laai vorige week se oplossing af

Vorige Week Se Wenner

Joey en Willem du Toit en 2 nagte vir 2 persone by Hawksmoor House in Stellenbosch.