Programme

TERUG

Vers en Klank

Potgooi

Vers en klank 16 Oktober 2018
Dinsdag 16 Oktober 2018

In die volgende paar weke se programme van VERS EN KLANK gaan ons die alombekende Die Profeet van die digter en filosoof, Kahlil Gibran, as basis en bronteks gebruik. Hierdie week luister ons na gedigte oor die huwelik. Jy kan uitsien na gedigte van Antjie Krog, Danie Marais, Corlia Fourie, M.M. Walters, Elisabeth Eybers, Fanie Olivier en T.T. Cloete. Ronél Geldenhuys en Johann Nel is die voorlesers.

Vers en klank 9 Oktober 2018
Dinsdag 9 Oktober 2018

In die volgende paar weke se programme gaan ons die alombekende Die Profeet van die digter en filosoof, Kahlil Gibran, as basis en bronteks gebruik, en die se gedigte rondom die betrokke tema laat sentreer. Hierdie week luister ons na gedigte oor kinders deur Antjie Krog, Jeanne Goosen, Lina Spies, Danie Marais, Carina Stander, Corlia Fourie, Ingrid Jonker en W.E.G. Louw. Rolanda Marais is die voorleser.

Vers en klank 2 Oktober 2018
Dinsdag 2 Oktober 2018

In die volgende paar weke se programme word die alombekende, Die Profeet, van die digter en filosoof, Kahlil Gibran, as basis en bronteks gebruik. Elke program sal op 'n tema gebaseer wees. Hierdie week begin ons by die Liefde, wat seker maar altyd onderliggend en oorkoepelend is. Daar is gedigte van Adam Small, Lina Spies, I.D. du Plessis, Hans du Plessis, George Weideman, Vincent van der Westhuizen, Jolyn Phillips, Louise Boshoff en Yabadaka Shamah. Dean Balie en Daneel van der Walt is die voorlesers.

Vers en klank 25 September 2018
Dinsdag 25 September 2018

Iemand het haar tereg beskryf as ‘n “national treasure”. Die voormalige aanbieder van Vers en Klank, Margot Luyt, lees haar aller-, aller-, allerbeste gedigte voor van onder andere D.J. Opperman, N.P. van Wyk Louw en Elisabeth Eybers.

Vers en klank 18 September 2018
Dinsdag 18 September 2018

Johann Nel lees vrolike verse.

Vers en klank 11 September 2018
Dinsdag 11 September 2018

Juanita Swanepoel lees haar gunsteling gedigte uit die bundel DIE GEWILDSTE AFRIKAANSE GEDIGTE.

Vers en klank 4 September 2018
Dinsdag 4 September 2018

Johann Nel lees liefdesverse deur mansdigters.

Vers en klank 28 Augustus 2018
Dinsdag 28 Augustus 2018

Martelize Kolver lees verse van Jeanne Goosen uit haar bundel ELDERS AAN DIENS.

Vers en klank 21 Augustus 2018
Dinsdag 21 Augustus 2018

Marcel van Heerden lees verse van Koos du Plessis.

Vers en klank 14 Augustus 2018
Dinsdag 14 Augustus 2018

Juanita Swanepoel lees verse van Elisabeth Eybers.