Programme

TERUG

Monitor

Potgooi

Klein Herman se rehabilitasie
Vrydag 15 Desember 2017

In 2016 is meer as vyfduisend voetgangers op Suid-Afrikaanse paaie oorlede. Statistiek oor voetgangers wat beseer is, is egter nie beskikbaar nie. Een so 'n voetganger is die tien-jarige Herman van der Merwe. Op Dinsdag 8 Augustus het klein Herman se lewe dramaties verander, toe hy op pad na die skool, deur 'n voertuig raak gery is. Hier is sy storie.

ANC-leierskapskonferensie
Vrydag 15 Desember 2017

Die marknavorsingsmaatskappy, Ipsos, s stemgeregtigdes wat aan 'n opname deelgeneem het, verkies by verre adjunkpresident Cyril Ramaphosa wanneer hulle gevra word wie hulle dink die nuwe president van Suid-Afrika behoort te wees. Ipsos se direkteur vir openbare menings, Mari Harris, verduidelik die uitslag van die opname. Daarna neem die politieke ontleders, Melanie Verwoerd en prof. Susan Booysen, dt en die naweek se ANC-leierskapskonferensie in onskou.

Vakasietyd: beskerm jou eiendom en besittings.
Woensdag 13 Desember 2017

Vakansietyd het vir talle Suid-Afrikaners aangebreek - maar saam met vakansie-planne kom daar ook kommer oor eiendom en besittings wat agtergelaat word. Mike Bolhuis, 'n spesialis ondersoeker van ernstige misdade en ekonomiese misdrywe, het aan Hanri Wondergem 'n paar praktiese wenke gegee oor hoe om jou eiendom te beveilig.

Die lot van padongelukkefonds-pasinte
Woensdag 13 Desember 2017

"In een oomblik verander alles". "Dit is hoe maklik 'n ongeluk kan gebeur." Dit is van die vele stellings wat jy jaarliks tydens padveiligheidbewusmakingsveldtogte hoor. Volgens statistiek van die Padverkeersbestuurskorporasie, word 4 mense ernstig beseer vir elke mens wat op Suid-Afrikaanse paaie sterf. Volgens die jongste statistiek van 2016, is net meer as 14 duisend mense dood. Die statistiek oor ernstige beserings word nie meer deur die Padverkeersbestuurskorporasie vrygestel nie. Melissa Tighy het die verslag saamgestel, na haar besoek aan 'n rehabilitasiehospitaal in Johannesburg.

'n Sekspop van duisende rand om jou sekslewe op te kikker?
Woensdag 13 Desember 2017

ONS WAARSKU DAT HIERDIE BYDRAE SE INHOUD SEKSUEEL VAN AARD IS: Seksuele hulpmiddels is niks nuut nie... Maar is jy bereid om duisende rand te bestee aan 'n pop om jou sekslewe op te kikker of dalk jou seksmaat te vervang? Hanri Wondergem het meer gaan uitvind.

'n Psigiater gee raad oor hoe om Kersfees-'blues' te hanteer
Woensdag 13 Desember 2017

Hoewel die tyd vir baie mense 'n vreugdevolle tyd is, veroorsaak dit vir ander spanning en laat dit sommiges teneergedruk voel. Dr. Rykie Liebenberg, 'n psigiater verbonde aan die Depressie en Angsgroep (SADAG) s aan Hanri Wondergem selfmoordpogings en die misbruik van middels soos dwelms en drank neem ook oor die feestyd toe.

'Ons maak staat op lede se gewete,' s Wes-Kaapse ANC leier Faiez Jacobs
Woensdag 13 Desember 2017

Ondersteuners van adj.pres. Cyril Ramaphosa is bekommerd oor hul veiligheid in die aanloop tot - en by - die ANC se komende nasionale leierskonferensie. Heindrich Wyngaard vra die ANC se Wes-Kaapse sekretaris, Faiez Jacobs, hieroor, oor gerugte van "betaalstemme" en wat hulle sal doen as Ramaphosa nie wen nie.

Zuma se appl adsurd - Kriegler
Dinsdag 12 Desember 2017

Om president Jacob Zuma self toe te laat om 'n nuwe Nasionale Vervolger aan te wys na die hooggeregshof sy aanstelling van advokaat Shaun Abrahams ongeldig verklaar het, sal absurd wees. Oud-regter Johann Kriegler het in 'n onderhoud met Heindrich Wyngaard ges dit sal, op die minste, 'n botsing van belange wees.

'n Nuwe Al Debbo word uitgehang in nuwe klug-fliek 'Vuil Wasgoed'
Maandag 11 Desember 2017

Wim en Kevin, die twee boesemvriende van die klug-fliek "Vuil Wasgoed", kan vergelyk word met die destydse komiese paar Al Debbo en Frederik Burgers, berig Anna-Marie Jansen van Vuuren.

'Eerder nou as n ek gesterf het,' s digter Don Mattera oor nuutste verering
Maandag 11 Desember 2017

Die vermaarde digter Don Mattera, ontvanger van die Orde van die Kremetart (goud), in gesprek met Heindrich Wyngaard oor 'n huldigingsgeleentheid vir hom die naweek.

Jacques Pauw oor jongste bewerings teen hom
Maandag 11 Desember 2017

Die skrywer van die veelbesproke "The President's Keepers", Jacques Pauw, reageer op die polisie se planne om hom te probeer gryp en bewerings oor oudminister Pravin Gordhan glo by die skryf van sy boek betrokke was. Heindrich Wyngaard vra die vrae.

ANC-konferensie: 1997, 2007 en 2017
Maandag 11 Desember 2017

Die veteraan-politieke joernalis Tim du Plessis praat met Heindrich Wyngaard oor die raakpunte tussen die ANC se konferensies in 1997 (Mahikeng), 2007 (Polokwane) en die 2017-een.

Waarheidskommissie vir Zimbabwe gevra
Vrydag 8 Desember 2017

'n Deskundige op die gebied van transisionele geregtigheid s die nuwe administrasie in Zimbabwe moet die regerende ZANU-PF party se rol in menseregteskendings erken om plaaslike en internasionale geloofwaardigheid te wen. Piers Pigou is 'n senior konsultant in Suider-Afrika vir die Krisisgroep, wat op die voorkoming van wreld-konflik fokus. Pigou het ook ervaring van twee waarheidskommissies. Hy het ook gehelp om verskeie projekte vir die slagoffers van marteling en ander menseregteskendings in Zimbabwe te vestig. Darren Taylor het meer besonderhede...

#ANC54: Die etiese onding van stemme koop
Donderdag 7 Desember 2017

Sterk gerugte doen die ronde dat afgevaardigdes by die ANC se komende nasionale leierskapkonferensie tot R70 000 elk vir hul stem aangebied word. Heindrich Wyngaard het die etiekkenner prof. Piet Naud, direkteur van die Universiteit van Stellenbosch Bestuurskool, daaroor gepols.

Motoriste moet waaksaam wees op nat paaie
Woensdag 6 Desember 2017

Goeie ren het die afgelope week in groot dele van die land geval. Motoriste word gemaan om veilig te ry in di weerstoestande. Die besturende direkteur van driving.co.za, Rob Handfield-Jones s 'n veilige volgafstand is van uiterste belang.

SASSA waarsku teen swendelaars
Woensdag 6 Desember 2017

Die maatskaplike sekerheidsagentskap, oftewel SASSA, s begunstigdes moet versigtig wees vir swendelaars oor die feestyd. SASSA s die misdadigers wil begunstigdes se persoonlike inligting bekom en dit misbruik

Piet Croucamp en Piet le Roux reageer op DA-'rapporte' vir kabinetslede
Dinsdag 5 Desember 2017

Die meeste kabinetslede se 2017-prestasies is deur die DA met 'n F-simbool beloon. Hier is die politieke ontleder dr. Piet Croucamp en die hoof van AfriSake, Piet le Roux, se reaksies hierop teenoor Heindrich Wyngaard.

ANC-leierskapstryd 'is eintlik 'n SA-verkiesing', s Susan Booysen
Maandag 4 Desember 2017

Die benoemingsproses in die ANC se leierskapstryd is uiteindelik aanduidend van die rigting wat die land polities inneem, s prof. Susan Booysen, politieke ontleder, oor die stand van sake in die aanloop tot die ANC se nasionale konferensie. Sy het met Heindrich Wyngaard gepraat.

Politieke omstandighede tydens eerste hartoorplanting
Vrydag 1 Desember 2017

Drie Desember 1967 sal vir altyd onthou word as die dag waarop 'n Suid-Afrikaner die wreld verstom het. Dr Chris Barnard het op die dag die eerste wetenskaplike geword om die hart van 'n mens suksesvol oor te plant. Maar die merkwaardige gebeurtenis het nie sonder sy kwota politiek gepaard gegaan nie, s Marina Joubert, 'n navorser in wetenskapkommunikasie aan die Universiteit Stellenbosch.

Mej. Heelal praat oor nuwe lewe in New York
Vrydag 1 Desember 2017

Dit is 'n paar dae nadat Suid-Afrika se skoonheid Demi-Leigh Nel-Petres as Mejuffrou Heelal 2017 gekroon is. Maar wat beplan sy, en hoe gaan haar jaar in New York lyk? Sy het aan Joan-Marie Verhoef ges ondanks haar nuwe titel, is sy steeds die Demi-Leigh wat almal ken.