Programme

TERUG

Spektrum

Potgooi

President Zuma se ekonomiese nalatenskap is 'n tragedie vir die land meen ekonoom.
Woensdag 13 Desember 2017

President Jacob Zuma se ekonomiese nalatenskap vir Suid-Afrika, is net 'n sinkende skip. Dit is die mening van die hoof ekonoom van die Efficient Groep , Dawie Roodt. Die ANC verkiesings en beleidskonferensie sal die naweek plaasvind en na alle verwagting sal 'n nuwe ANC president verkies word. Roodt sÍ as mens dan terugkyk oor die tydperk waarin Zuma die president was, is daar min goeie dinge te sÍ...

Pensioenarisse sal nie alles verloor weens Steinhoff krisis nie meen kenner
Donderdag 7 Desember 2017

MŰre word water na munisipaliteite afgesny wat nie hullle rekening vereffen nie
Donderdag 7 Desember 2017

Die Departement van Water en Sanitasie sÍ, hy gaan voort met sy planne om die watertoevoer na munisipaliteite, wat nog nie reŽlings gemaak het oor uitstaande waterrekeninge nie, voor of op 8 Desember, af te sny. Die departement het vroeŽr 'n lys bekendgemaak van munisipaliteite wat nie hulle waterrekening betaal het nie. Sputnik Ratau sÍ, baie munisipaliteite het reeds reŽlings getref met die department.

Afriforum oorweeg regstappe oor water wat afgesny gaan word
Donderdag 7 Desember 2017

Die regsverteenwoordiger van Afriforum, Willie Spies sÍ, hulle oorweeg regstappe oor die kwessie. Spies sÍ dit is onregverdig dat inwoners, wie se rekening betaal is, gestraf word vir die munisipaliteit se swak finansiŽle bestuur.

!Xun en Khwe vereniging ontbind
Donderdag 7 Desember 2017

Na meer as vier dekades van gesamentlike gemeenskap sake het die !Xun en Khwe San op Platfontein besluit dat hulle paaie moet skei. Die gemeenskap het tydens die algemene jaarvergadering van hulle !Xun en Khwe Vereniging vir Gemeenskaplike Eiendom, 'n besluit aanvaar om hulle Eiendoms Vereniging te ontbind. Hulle het ook 'n besluit geneem om twee aparte Verenigings te stig. Tomsen Nore doen verslag.

Onrealistiese teikens vir MIV/Vigs
Vrydag 1 Desember 2017

Suid-Afrika sukkel om nuwe MIV-besmettings te beperk, veral onder jong vroue. Die res van die wÍreld vier Internasionale Vigsdag, maar plaaslike burgerregte organisasies is van mening daar is niks om te vier nie. Vigsdag word amptelik in die Oos-Kaap herdenk met die tema "ek het die reg om my status te weet en die verantwoordelikheid om voorkomend op te tree".

Te veel woord , te min aksie by Cites 69
Vrydag 1 Desember 2017

Daar word te veel gepraat en te min gedoen by die 69 ste staande komitee vergadering van Cites wat vandag in Switserland ten einde loop. Dit is die mening van Adam Cruise, 'n Suid-Afrikaanse vryskut omgewingsjoernalis, wat die vergadering bywoon. Cruise sÍ dit is die lande met die grootste beursies wat die besluitnemingsproses oorheers.

Kennisgewing vir mosie teen De Lille verwerp
Vrydag 1 Desember 2017

'n Kennisgewing van 'n mosie van wantroue teen die Kaapstadse Burgemeester, Patricia de Lille is vir eers verwerp. Die Speaker van die Kaapstad metroraad, Dirk Smit sÍ die kennisgewing was gebrekkig. Hy sÍ hy is wel bereid om die ANC te help, om die kennisgewing te verbeter vir 'n volgende vergadering.

Boek oor eerste hartoorplanting
Vrydag 1 Desember 2017

Dit is eerskomende Sondag vyftig jaar sedert Dr Chris Barnard die eerste hartoorplanting gedoen het. 'n Boek oor diť merkwaardige gebeurtenis en die stories rondom dit, getiteld Hartebreker is onlangs bekendgestel. Ons praat met die skrywer, James Brent-Styan.

Pieter Mulder tree uit as LP
Vrydag 1 Desember 2017

Die voormalige leier van die Vryheidsfront Plus, dr. Pieter Mulder het na byna dertig jaar in die parlement, as LP uitgetree. Mulder was een van die langsdienende Parlementslede. Mulder het vanoggend die parlementslid bekengemaak wat hom gaan vervang.

Suid-Afrikaners herwin meer
Donderdag 30 November 2017

Suid-Afrikaners herwin die jaar effe meer as verlede jaar. Dit is egter glad nie genoeg om 'n impak te maak op die besoedeling in die land, weens rommel nie. Annebie Pretorius van die organisasie Plastiek Suid-Afrika sÍ Suid-Afrika moet ten minste 50 persent van dit wat verbruik word, herwin.

Gesogte kunstoekenning oorhandig
Donderdag 30 November 2017

Die beeldhouer, Angus Taylor is aangewys as die wenner van die 2017 Helgaard Steyn-toekenning. Hanri Wondergem berig dat hierdie toekenning een van die grootste pryse vir die bevordering van kuns en kultuur in die land is.

Supermaan en meteorietreŽn in Desember
Donderdag 30 November 2017

Vroeg in Desember sal Suid-Afrikaners 'n supermaan kan gewaar - die vierde een vanjaar. 'n Senior navorsingsgenoot by die Suid-Afrikaanse Nasionale Ruimteagentskap, Dr Pieter Kotze sÍ egter dit is nie 'n ongewone verskynsel nie maar dit bly besonders.

Orania se nuwe e-geldeenheid
Donderdag 30 November 2017

Die Noord-Kaapse dorpie Orania is die eerste in die wÍreld wat oor sy eie kripto-geldeenheid beskik.Die dorp het reeds sy eie geld-eenheid wat as die Ora bekendstaan.

Storting van hoendervleis in Afrika
Woensdag 29 November 2017

Afrika lande het geen ander keuse as om nou saam te staan teen die storting van hoendervleis vanaf Europese Unie lande nie. Die praktyk is besig om die pluimveebedryf en alle bedrywe wat daaraan verbonde is dood te druk. Fairplay Suid-Afrika, te same met nog Afrika lande soos Ghana sÍ hierdie grens aan ekonomiese slawerny. Die stigter van die Fairplay Beweging, Francios Baird sÍ slegs 26 persent van hoendervleis wat plaaslik verkoop word, kom van Suid-Afrikaanse hoenderboere.

Storting van hoendervlies in Ghana
Woensdag 29 November 2017

Slegs vyf persent van hoendervleis wat in Ghana verkoop word, kom van die plaaslike sektor daar. Die res word alles ingevoer. Victor Poji, die voorsitter van die Ghanese Nasionale Vereniging van Pluimvee boere sÍ die EU boelie Afrika regerings.

Wetsontwerp oor Mediese Innovasie
Woensdag 29 November 2017

Daar is twee kampe wat die Mediese Innovasie-Wetsontwerp betref. Aan die een kant is diegene wat glo dit kan daartoe bydrae om innoverende denke oor medisyne en genesing aan te wakker. Aan die ander kant is daar diegene wat bevrees is dat, indien die regulasies nie nagevolg word nie, dit pseudowetenskap en kwaksalwery gaan aanmoedig.

Goeie nuus vir toekomstige pa's.
Woensdag 29 November 2017

Goeie nuus vir toekomstige pa's is dat hulle moontlik in die toekoms geregtig sal wees op 10 dae verlof, as die ma van hulle kinders op kraamverlof is. Aanneemouers sal ook moontlik geregtig wees op verlof van 2 maande en 2 weke.

DBV bekommerd oor strikke
Dinsdag 28 November 2017

Die Nasionale Dierebeskermings Vereniging is bekommerd oor vrektes en ernstige beserings van wilde diere wat in strikke gevang word. Die stel van strikke is veral nou 'n uitdaging in nasionale parke en natuurreservate. Hanri Wondergem het byKaren Tendler, die NDBV se bestuurder van handel in wildlewe gaan uitvind hoe wyd die probleem strek.

Johannesburg oorweeg belastingvriendelike sones
Vrydag 24 November 2017

Belastingvriendelike sones behaal internasionaal groot sukses, en die Johannesburg metro oorweeg nou die implementering hiervan, om ekonomiese groei in die stad aan te wakker. Maar wat behels die konsep en hoe, indien dit goedgekeur word, sal dit die stad kan bevoordeel?

Reeva se ouers tevrede met Pistorius se vonnis
Vrydag 24 November 2017

Reeva Steenkamp se ouers Barry en June Steenkamp sÍ hulle voel nou eers dat geregtigheid in die moord op hul dogter geskied.

Aandeelhouers in genoteerde maatskappye moet verantwoordbaar gehou word
Vrydag 24 November 2017

Aandeelhouers in genooteerde maatskappye, gaan binnekort moet verduidelik hoekom hulle maatskappy nie gehoor gee aan omgewingsbewaringswetgewing nie. Die Sentrum vir Omgewingsreg het pas 'n nie regerings-organisasie gestig, Just Share vir diť doel. 'n Prokureur by die sentrum en programbestuurder vir deursigtigheid en verantwoordbaarheid in die sakesektor, Tracey Davies sÍ daar is 'n groot gaping tussen die eienaars van diť maatskappye en die dag tot dag bestuurskorps.

Oscar Pistorius se vonnis word verleng
Vrydag 24 November 2017

Die moordbeskuldigde, Oscar Pistorius se tronkstraf is tot 13 jaar en vyf maande verleng. Dit volg na die staat appŤlleer het teen Regter Thokozile Masipa se vonnis van ses jaar. Hulle het gevra dat die minimum vonnis van 15 jaar ingestel word. Die staat het aangevoer dat Regter Masipa se uitspraak 'n oordeelsfout was.

Landbou in Zimbabwe is gereed
Donderdag 23 November 2017

Landbou in Zimbabwe is gereed om die sektor weer te laat groei tot sy voormalige glorie, in 'n oogwink. Sů sÍ die president van die Suidelike Afrika Konfederasie van Landbou Verenigings, Theo de Jager. De Jager sÍ hy is konstant in kontak met die landbouverenigings in Zimbabwe en hulle is gereed om 'n plan aan die nuwe president van Zimbabwe voor te lÍ.

Nuwe polisie kommisaris aangestel
Donderdag 23 November 2017

Die aanstelling van die nuwe nasionale polisie kommissaris, Generaal Khehla John Sitole het gemengde reaksie ontlok. Maar wie is Generaal Sitole? Joan-Marie Verhoef het gaan uitvind.

Plastiek deeltjies spoel uit op Wes-Kaapse strande
Donderdag 23 November 2017

Rou plastiek deeltjies wat in die see beland het by die Durbanse Hawe tydens 'n storm in KwaZulu Natal, begin nou ook op strande uitspoel in die Wes-Kaap. Gemeenskappe aan die KwaZulu Natalse kus het self skoonmaak operasies begin, na die sogenaamde nurdles daar op strande uitgespoel het. Tersia Marais van die organisasie, Stranded Marine Animal Rescue Team of SMART sÍ sy het Sondag die eerste klagtes ontvang dat daar plastiek op die strand uitspoel.

Afriforum oor plaasmoorde protes
Woensdag 22 November 2017

Swart Maandag was die begin van 'n proses om te verseker dat die regering ťn polisie die bekamping van plaasmoorde prioritiseer. So sÍ Ernst Roets van die burgerregte organisasie, Afriforum. Hulle beplan om Saterdag 'n protesoptog teen plaasmoorde na die Uniegebou te hou. Afriforum sÍ die optog is gemik op praktiese oplossings en om plaasmoorde hoog op owerhede se prioriteitslyste te plaas.

Nuwe DNS kooderingstasie
Woensdag 22 November 2017

Die adjunk direkteur vir opleding en strategiese projekte van die departement van omgewingsake, Jacques du Toit sÍ die nuwe DNS koodeeringstasie, vergemaklik hulle werk in die veld aansienlik. Die sogenaamde Lab in a Box wat die week in die Nasionale kruger Wildtuin bekendgestel is, as deel van die IBOL konferensie, beteken dat DNS monsters vinniger ontleed kan word tydens 'n ondersoek na onwettige handel in fauna en flaura. Du Toit sÍ die onwettige bedryf is so groot dat hulle amper nie byhou nie, maar die toestel gaan dit verander.

Waterprobleme in Johannesburg
Woensdag 22 November 2017

Die Johannesburg Metro sÍ hy skenk dringend aandag aan watertoevoer-probleme wat aan die stad se Oosrand ondervind word. Dit volg na 'n groot pyp-lekkasie by 'n stortingsterrein in Linbro Park, oos van Johannesburg. Isaac Dhludhlu van die Metro sÍ inwoners in die geaffekteerde woonbuurte sal eers teen vanaand weer water hÍ.

Voormalige Eskom raadsvoorsitter maak skokonthullings
Woensdag 22 November 2017

Die voormalige Eskom-voorsitter, Zola Tsotsi, sÍ hy is deur die voormalige voorsitter van die Suid-Afrikaanse Lugdiens, Dudu Myeni, aangesÍ om vier bestuurders, insluitend die bestuurshoof, Tshediso Matona, te skors. Tsotsi getuig by die parlementÍre ondersoek na korrupsie en wanbestuur by Eskom. Tsotsi het ook getuig dat hy deur president Jacob Zuma aangesÍ is om 'n raadsvergadering te kanselleer. Hier is van die getuienis wat hy vanoggend gelewer het.

DA lÍ klag teen Bongani Bongo
Woensdag 22 November 2017

Die DA in Kaapstad het vanoggend 'n klag van korrupsie teen die minister van Staatsveiligheid, Bongani Bongo gelÍ. Dit hou verband met bewerings in die media dat Bongo glo probeer het om die parlementÍre leier, wat die ondersoek na staatskaping beheer, Advokaat Nthuthuzelo Vanara, probeer omkoop het. Bongo het glo 'n blanko tjek aan Vanara gegee in die hoop dat hy uit die ondersoek sal onttrek.

Argentynse duikboot steeds vermis
Woensdag 22 November 2017

'n Argentynse duikboot is steeds vermis, na daar verlede week die laaste keer met die bemanning kontak gemaak is. Die Argentynse vloot is egter nou bekommerd oor suurstofvlakke in die duikboot, wat glo net 7 dae kan hou

VPI het in Oktober verlangsaam
Woensdag 22 November 2017

Die Verbruikersprysinflasie het in Oktober op 'n jaargrondslag tot 4,8% verlangsaam. In September was die VPI 5,1%. Die syfer is vroeŽr deur statistieke Suid-Afrika bekend gemaak. Elize Kruger van NKC African Economics gee meer insig oor diť syfers.

Bloemfontein inwoners sonder lopende water
Woensdag 22 November 2017

Huishoudings in Bloemfontein wat sedert verlede Donderdag geen water gehad het nie, behoort weer teen vanaand lopende water te hÍ. Die woordvoerder van die Mangaung Metro, Qondile Khedama sÍ waterlekkasies op die hooftoevoerlyn is herstel.

AgriSA distansieer homself van plaasmoorde optog
Dinsdag 21 November 2017

Die verpolitisering van Swart Maandag het die stem van boere oor plaasveiligheid baie skade berokken. Dit is die gevoel van die landbou-unie, Agri SA wat homself distansieer van 'n protesoptog teen plaasmoorde na die Uniegebou wat vir eerskomende Saterdag beplan word. Dan Kriek, president van Agri SA, sÍ kommersiŽle boere is deur Afriforum genader om aan die optog deel te neem, maar dat hulle eerder na meer praktiese en inklusiewe oplossing gaan kyk.

Navorsing oor geweld tydens betogings
Dinsdag 21 November 2017

Die Gautengse Departement van Infrastruktuur span kragte saam met die Moral Regeneration Movement om vas te stel hoekom openbare eiendom gereeld tydens diensleweringsbetogings beskadig word. Die LUR vir Infrastruktuur Ontwikkeling, Jacob Mamabolo sÍ hulle navorsing sal help om die optrede in die toekoms te verhoed.

Hoe vorder die ANC nominasie proses?
Dinsdag 21 November 2017

ANC takke wat nie hulle nominasie proses teen Sondag wat nou verby is, voltooi het nie sal nie kan stem vir die volgende ANC president nie. Dit was die waarskuwing van die ANC sekretaris generaal, Gwede Mantashe voor hy die takke uitstel gegee het om die proses die afgelope naweek te voltooi. Verskeie provinsies soos Noordwes en die Vrystaat kon nie hulle nominasie proses betyds voltooi nie. Professor Erwin Schwella van die Universiteit Stellenbosch se Skool vir Openbare Leierskap verskaf meer besonderhede.

50 vas oor renosterstropery
Dinsdag 21 November 2017

Die Rhino 8 reaksiemag het meer as 50 mense inhegtenis geneem in verband met stropery in gebiede in en rondom die Nasionale Kruger Wildtuin. Die polisie woordvoerder Brigadier Generaal Vishnu Naidoo sÍ in meeste van die inhegtenisnemings is daar beslag gelÍ op toerusting wat gebruik word in stropery.

Parlement debat oor 16 dae
Dinsdag 21 November 2017

Die Parlement sal na verwagting vandag 'n debat hou oor die jaarlikse 16 dae veldtog van aktivisme teen vroue- en kindergeweld. Die veldtog begin Saterdag en eindig op Internasionale Mensregtedag.

Esidimeni verhoor weer vertraag
Dinsdag 21 November 2017

Die Esidimeni-verhoor is vanoggend weer vertraag deur die geskorste Gautengse direkteur vir Geestesgesondheid van die Departement van Gesondheid, Dr Makgabo Manamela. Haar regsverteenwoordiger, Lerato Mashilane het weer vir uitgestel gevra nadat Manamela laat weet het dat sy siek is en 'n dokter gaan spreek het. Sy is gedagvaar om haar rol te verduidelik in die dood van 143 pasiente wat uit Life Esidimeni geplaas is na fasiliteite wat nie vir hulle kon sorg nie.

'n Moontlike kredietafgradering na rommelstatus
Dinsdag 21 November 2017

Die impak van 'n moontlike kredietafgradering na rommelstatus op die ekonomie, is dalk nie so groot soos almal vrees nie. Dit is die mening van 'n beleggingsstrateeg van Old Mutual Multi Bestuurder, Izak Odendaal. Odendaal sÍ ten spyte van onstuimge internasionale politieke omstandighede en selfs onsekere politieke omstandighede op eie bodem, het markte nie drasties gereageer nie

Goeie reŽn vir Wes-Kaap
Dinsdag 21 November 2017

Goeie nuus vir die Wes-Kaap. Die afgelope 24-uur het 'n kouefront gesorg vir noemenswaardige reŽn in groot dele van diť provinsie. 'n Senior Weervoorspeller by die Suid-Afrikaanse Weerdiens, Henning Grobbler het aan Joan-Marie Verhoef gesÍ dat dit verskeie opvangsgebiede insluit.

Ooreenkoms oor maatskaplikes toelaes geteken
Dinsdag 21 November 2017

Die Poskantoor en SASSA het uiteindelik 'n ooreenkoms geteken vir die betaling van maatskaplike toelaes. Die minister in die presidensie, Jeff Radebe, het dit vanoggend aan 'n gesamentlike komitee van SKOOR en maatskaplike ontwikkeling bekendgemaak.