Programme

TERUG

Middagvervolgverhaal

Potgooi

HUIS OP DIE HAWE deur Andr Kotz - Episode 2
met
Maandag 11 Desember 2017

Die jong visserman, Anton Joubert, skaf n nuwe skiboot aan, maar raak bekommerd oor die toekoms van die Huis, wat verreweg sy beste klint op Mooi Hawens verteenwoordig. Tania Nel, se niggie, die jong student Rina Nel, se versoek om saam see toe te gaan met n vissersboot, laat wenkbroue lig.

HUIS OP DIE HAWE deur Andr Kotz - Episode 1
met
Vrydag 8 Desember 2017

Die eienaar van die Huis op die Hawe, Tania Nel, kry n aanbod van sakeman en visserman, Boelie Prinsloo, om die Huis te koop, maar sy weier. Boelie bly knaend op haar spoor en sy wonder hoekom hy met vuil spel begin dreig as sy nie wil verkoop nie.

AFSLUITING deur Joe Kleinhans - Episode 50 (slot)
met
Donderdag 7 Desember 2017

Mollie Muller kry na al die jare afsluiting oor haar tergende geheim. Wat gebeur met Martha Sithole se swaarverdiende aftreegeldjie? Wie is die reeksmoordenaar?

AFSLUITING deur Joe Kleinhans - Episode 49
met
Woensdag 6 Desember 2017

Morkel Nienaber voer nog n meesterplan uit. Privaatspeurders is nie goedkoop nie, en soms wonder mens of hulle die baie geld werd is wat hulle betaal word. Die reeksmoordernaar word gevang.

AFSLUITING deur Joe Kleinhans - Episode 48
met
Dinsdag 5 Desember 2017

Die Sondagkoerant is vol van die storie agter die Dame van die Nag. Sweetness Botes is op die oorlogspad. Morkel Nienaber huil lang trane omdat hy weer nie n kontrak behoorlik gelees het nie.

AFSLUITING deur Joe Kleinhans - Episode 47
met
Maandag 4 Desember 2017

N 17 jaar word die storie van die Dame van die Nag uiteindelik vertel, met al die hartseer wat daarmee saamgaan.

AFSLUITING deur Joe Kleinhans - Episode 46
met
Vrydag 1 Desember 2017

Daar is in meer as een opsig n verrassende wending in die verloop van sake. N langer as n jaar vind Seef Visagie uiteindelik uit wie sy Susara so wreed vermoor het.

AFSLUITING deur Joe Kleinhans - Episode 45
met
Donderdag 30 November 2017

Goedbegin is vol emosie n die skielike dood van n geliefde. Daar is hope kwelvrae. Dr. Dawie Becker word voor stok gekry, maar het dit die gewenste uitwerking?

AFSLUITING deur Joe Kleinhans - Episode 44
met
Woensdag 29 November 2017

Seef Visagie maak planne om sy skilderye terug te kry, en hy ry spesiaal deur Pretoria toe daarvoor. n Bedrywige joernalis van die Sondagkoerant is besig om oral gevoelens los te maak. Dan gebeur iets wat Conrad gevrees het...

AFSLUITING deur Joe Kleinhans - Episode 43
met
Dinsdag 28 November 2017

Dis soms moeilik om te bepaal wie die slinkste van die twee is: Morkel Nienaber of dr.Dawie Becker. Feit van die saak is, as die twee saamspan is dit n gedugte kombinasie wat nie maklik die onderspit delf nie.