Programme

TERUG

Ratels

Potgooi

RATELS deur Leon van Nierop - Episode 448
Maandag 11 Desember 2017

Jan-Lourens en Vincent onthou die beste tye wat hulle die afgelope nege jaar op Ratels gehad het. Ruan kom met ʼn belangrike aankondiging na Ratels.

RATELS deur Leon van Nierop - Episode 447
Maandag 4 Desember 2017

Ruan en Charmaine wil albei in Stellenbosch gaan swot na matriek, maar daar is ʼn paar struikelblokke...

RATELS deur Leon van Nierop - Episode 446
Maandag 27 November 2017

Ruan beland voor ʼn moeilike keuse oor sy studies volgende jaar op Stellenbosch, terwyl Soois ʼn aanloklike aanbod van Felicity kry net nadat hulle die laaste matriekvraestel geskryf het.

RATELS deur Leon van Nierop - Episode 445
Maandag 20 November 2017

Die Rateliete is in die middel van die matriekeksamen, en hulle begin planne maak oor wat om ná die eksamen te doen. Die grootste probleem is egter hoe om eksamenstres te hanteer.

RATELS deur Leon van Nierop - Episode 444
Maandag 13 November 2017

Dit maak nie saak watter leermetodes die Rateliete gebruik nie, om vir matriek te studeer, bly ʼn saak van senuwees en deursettingsvermoë. Intussen gaan Klaas Vakie vir sy lisensie om die sportkombi te bestuur...

RATELS deur Leon van Nierop - Episode 443
Maandag 6 November 2017

So tussen die geleerdery deur, hou Klaas Vakie en Andries ʼn omroeperkompetisie om te sien wie die beste omroeper op Radio Rebel is. Felicity se matriekrok word opgeveil.

RATELS deur Leon van Nierop - Episode 442
Maandag 30 Oktober 2017

Die eksamenstres bereik ʼn hoogtepunt, en elke leerder en onderwyser het ʼn ander manier om doeltreffend te swot.

RATELS deur Leon van Nierop - Episode 441
Maandag 23 Oktober 2017

Dis matriekeindeksamen en die leerders is uiters gespanne. Boonop voel Felicity, as Ratels se mooiste meisie, moet sy iets vir liefdadigheid doen sodat haar naam in die skool se annale verewig kan word...

RATELS deur Leon van Nierop - Episode 440
Maandag 16 Oktober 2017

Soois en Ruan probeer vriende word, maar die feit dat Soois in Ruan se plek kaptein is terwyl hy beseer is, het ‘n slegte uitwerking op hulle vriendskap.

RATELS deur Leon van Nierop - Episode 439
Maandag 9 Oktober 2017

Die matriekafskeid is verby, en daar word kajuitraad gehou oor wat alles gebeur het.