Nou op die lug

Reis sonder grense

10:00-11:30

Interaktief

Programme

TERUG

Skrywers en Boeke

Potgooi

Skrywers en boeke 16 Oktober 2019
Woensdag 16 Oktober 2019

Die Week van die Afrikaanse Roman het onlangs in Nederland plaasgevind, en Milton Webber was daar. Hy het onder andere 'n vertaalslypskool bygewoon waar hy met Karin Brynard, die skrywer van TUISLAND, en drie Nederlandse vertalers gesels het oor die kuns van vertaling. Luister ook hoe het Valda Jansen die week in Nederland ervaar het. Die skrywer, Engemi Ferreira, is onlangs oorlede, en jy kan luister na 'n voorlesing van een van haar kortverhale. En as jy meer wil weet oor die skrywers wat met die Nobelpryse vir letterkunde vir die afgelope twee jaar bekroon is, moet jy beslis luister na Johan Myburg se insetsel.

Skrywers en boeke 9 Oktober 2019
Woensdag 9 Oktober 2019

Ilse Salzwedel gesels met SD Fourie, skrywer van die baie gewilde, Die Lanternswaaier, oor haar nuwe roman, NOORMAN. Rudie van Rensburg vertel hoe sy nuwe roman, VLOEK, verskil van sy vorige spanningsverhale. Johan Myburg gesels oor die twee Nobelpryse wat vandeesweek toegeken word. En jy kan luister na 'n onderhoud wat Milton Weber met digter Pieter Odendaal gevoer het tydens die pas afgelope Week van De Afrikaanse Roman in Nederland.

Skrywers en boeke 2 Oktober 2019
Woensdag 2 Oktober 2019

Ilse Salzwedel gesels met die gewilde rubriekskrywer Blou Willem (Willem Theron) oor sy derde bundel rubrieke, 50 BLERTSE BLOU. Johan Myburg gesels in sy internasionale bydrae onder meer oor poësie in die tyd van sosiale media.

Skrywers en boeke 25 September 2019
Woensdag 25 September 2019

Calvyn van Niekerk gesels met Ilse Salzwedel oor sy nuwe roman, DIE MAN VAN QUATRO. Jy kan ook hoor hoe verander die Du Toitskloof Mobiele Biblioteek die lewe van plaaswerkers en hulle kinders. Johan Myburg gesels oor die internasionale letterkunde, en jy kan luister na 'n kort onderhoud met die Britse skrywer Zadie Smith.

Skrywers en boeke 19 September 2019
Woensdag 18 September 2019

Luister na ‘n argiefonderhoud met wyle prof. Ampie Muller. Die ATKV Woordveertjiewenners word aangekondig, en Ilse gesels met twee wenners. Ons hoor ook wie die wenners is van die KykNET/Rapport-boekpryse. En Johan Myburg gesels onder meer oor die kortlys van die Bookerprys.

Skrywers en boeke 11 September 2019
Woensdag 11 September 2019

Ilse Salzwedel gesels met Andries Buys, skrywer van die veelbekroonde boek DIE DAO VAN DAAN VAN DER WALT. Dit is verlede week aangewys as dioe wenner van die gesogte ATKV-Prosaprys. Hulle gesels oor die boek se ontstaan, en hoekom hy besluit het om dit onder 'n skuilnaam te publiseer. Die boek is reeds voorheen met drie literêre pryse bekroon.

Skrywers en boeke 4 September 2019
Woensdag 4 September 2019

Ilse Salzwedel gesels met Nadia de Kock oor haar roman DIE WOLKVERSAMELAARS. Francois Lötter vertel van die Tuin van Digters wat op 13 en 14 September by die Breytenbachsentrum in Wellington plaasvind, en Johan Myburg gesels onder meer oor die pas afgelope Edinburgh-boekefees.

Skrywers en boeke 28 Augustus 2019
Woensdag 28 Augustus 2019

Ilse Salzwedel gesels met Phyllis Green, Sarie se boekeredakteur, oor haar gunsteling fiksieboeke uit onlangse nuwe publikasies. Johan Myburg gesels oor die internasionale letterkunde.

Skrywers en boeke 21 Augustus 2019
Woensdag 21 Augustus 2019

Ilse Salzwedel gesels met Phyllis Green oor goeie nie-fiksie boeke wat in die laaste paar maande verskyn het. In Johan Myburg se internasionale insetsel is daar ook nuus oor 'n internasionale nie-fiksie werk wat onlangs bekroon is.

Skrywers en boeke 14 Augustus 2019
Woensdag 14 Augustus 2019

Ilse Salzwedel gesels met Lize Albertyn-Du Toit oor haar debuutroman DIE KINDERS VAN SPOOKWERWE. Jy kan ook luister na 'n kort argiefonderhoud uit 1964 waarin Verna Vels met die digter Ingrid Jonker gesels oor haar werk. Johan Myburg fokus in sy internasionale bydrae op die skrywer Toni Morrison, wat onlangs oorlede is. Daar is ook 'n kort onderhoud met Morrison.