Nou op die lug

RSG Kuns

20:00-21:00

Interaktief

Programme

TERUG

Wie is ek?

Potgooi

Wie is ek? 22 Mei 2020
Vrydag 22 Mei 2020

Voel jy meer angstig a.g.v. die inperking? Was jy voor inperking in n traumatiese situasie, en nou ervaar jy weer dieselfde simptome? Hoor hoe om jou stres en traumatiese stres van mekaarte onderskei, en hoe om dit self reg te kry om traumatiese stres te voorkom.

Wie is ek? 15 Mei 2020
Vrydag 15 Mei 2020

Die term gaslighting kom uit n film waar n vrou tot die afgronde gedryf is deur haar man wat haar emosioneel manipuleer. A.g.v. die film het dit n erkende term geword vir n sekere vorm van manuipulasie. Is iemand besig om jou so te manipuleer dat jy nie meer in jouself glo nie?

Wie is ek? 8 Mei 2020
Vrydag 8 Mei 2020

Wat is jou frustrasie-toleransie? Voel jy jou manier om n moeilike situasie te hanteer, is aanvaarbaar? Ons help jou verstaan hoe die aanleer van n hor frustrasie-toleransie n groot verskil kan maak in hoe jy die wreld ervaar en verwerk.

Wie is ek? 1 Mei 2020
Vrydag 1 Mei 2020

Hoor hoe jy as indiwidu jou geliefdes, vriende en jouself kan help om jou emosies beter te bestuur, deur aan te leer om aktief te luister. Deur hierdie vaardigheid aan te leer, kan jy n verskil aan ander mense se geestesgesondheid maak wat selfs n verskil aan die ekonomie kan maak.

Wie is ek? 24 April 2020
Vrydag 24 April 2020

Hoekom is dit belangrik in vandag se onseker tye om meer in die oomblik te leef. Hoe kan hierdie vaardigheid jou help om stres te verminder, konsentrasie te verbeter en om n beter lewenskwaliteit te h?

Wie is ek? 17 April 2020
Vrydag 17 April 2020

Lise Swart en twee ervare sielkundiges beantwoord verskeie vrae van luisteraars. Wie weet, miskien bied een van die antwoorde n oplossing vir jou probleem tydens inperking.

Wie is ek? 3 April 2020
Vrydag 3 April 2020

Die eerste week van inperking is verby. Wat ervaar mense? Is jy die enigste een wat sukkel om so alleen te wees? Luister na raad oor hoe om te verstaan wat jy ervaar, en om deur die volgende twee weke te kom.

Wie is ek? 27 Maart 2020
Vrydag 27 Maart 2020

As gevolg van die internet is dit baie makliker vir pedofiele om met kinders kontak te maak. Hoe kan ouers hulle kinders bemagtig om vir hulp te vra, of om self die kontak te stop? Lise Swart help ouers met hierdie dilemma help, en verduidelik hoe jou eie internetgedrag jou kind kan beskerm.

Wie is ek? 20 Maart 2020
Vrydag 20 Maart 2020

Voel jy die wreld is teen jou, of dat jou vriende en kollegas by die werk besig is met n komplot teen jou? Is jy dalk in n verhouding met iemand wat niemand vertrou nie, nie eens vir jou nie? Vind meer uit oor vervolgingswaan (paranoia), om die tekens te herken, en om te verstaan hoekom professionele hulp so spoedig moontlik gekry moet word.

Wie is ek? 13 Maart 2020
Vrydag 13 Maart 2020

Sukkel jy om aan te beweeg n jou laaste liefdesverhouding of egskeiding? Vang jy jouself dat jy heeltyd na die persoon se sosiale media kyk, of probeer jy aan maniere dink om die persoon raak te loop? Obsessiewe gedrag kan maklik n gewoonte raak as n persoon nie verstaan hoekom hulle so voel nie. Lise Swart kyk na liefdesverslawing, en hoe dit iemand se lewe kan oorneem.