Programme

TERUG

Groeipyne

Potgooi

Groeipyne 14 Junie 2018
Donderdag 14 Junie 2018

Hierdie week in Groeipyne gesels Johan van Lill met Anienie Veldsman, onderwyskundige, oor die rol van speel in kinders se ontwikkeling en hoekom kinders sekere goed nie kan doen nie as hulle nie genoeg gespeel het nie.

Groeipyne 7 Junie 2018
Donderdag 7 Junie 2018

Johan van Lill kyk na die rol wat ouers speel in kinders se keuses ten opsigte van vakke en loopbane. Hoe kan ek seker maak my kind kies vakke wat vir hom die meeste geleenthede in die lewe sal oopmaak?

Groeipyne 31 Mei 2018
Donderdag 31 Mei 2018

Johan van Lill praat met Gertie Smit, 'n onderwyskundige, oor watter liedjies n mens vir kinders kan aanleer, hoe jy dit aanleer en hoe kies jy die regte liedjies wat kinders se ontwikkeling kan stimuleer.

Groeipyne 24 Mei 2018
Donderdag 24 Mei 2018

Johan van Lill praat met dr. Johan Anker, 'n geletterdheidskenner, oor hoe jy boeke kan gebruik om kinders se nuuskierigheid te prikkel. Daar is ook wenke oor hoe om voorlees te gebruik vir taalontwikkeling.

Groeipyne 17 Mei 2018
Donderdag 17 Mei 2018

Johan van Lill praat met opvoedkundige sielkundige dr. Marinda Bannister oor hoe om jou kinders trots Suid-Afrikaans groot te maak. Hoe maak ek my kinders bewus van ons pragtige land met n ryke verskeidenheid kulture en klanke dat hulle die waardes van ons Grondwet sal uitleef.

Groeipyne 10 Mei 2018
Donderdag 10 Mei 2018

Johan van Lill praat met pastorale sielkundige Fanie Kriel oor hoe ouerskapstyle kinders se selfbeeld of eiewaarde kan ontwikkel of benadeel.

Groeipyne 3 Mei 2018
Donderdag 3 Mei 2018

Johan van Lill praat met Wilna van Rooyen, hoof van n pre-primre skool, oor vryspel. Wanneer ouers n kleuterskool besoek, is een van die dinge waarna hulle moet oplet, watter keuses van apparaat daar vir die kinders is wanneer hulle speel ons gee wenke waarna mens moet kyk.

Groeipyne 26 April 2018
Donderdag 26 April 2018

Hoe kan ouers weet wanneer inligting wat op die internet verskyn, wel betroubare inligting is? Hoe lyk n gesonde kosblik?

Groeipyne 19 April 2018
Donderdag 19 April 2018

Johan van Lill praat met Marise Oberholzer, 'n skrywer en wiskundekenner, oor hoe ouers en versorgers die begrip van meting by hulle kinders kan ontwikkel.

Groeipyne 12 April 2018
Donderdag 12 April 2018

Johan van Lill praat met Nedine Blom wat pas haar meestersgraad behaal het oor die problematiek van mensehandel, en wat ouers en versorgers kan doen om hulle kinders hierteen te beskerm. Hulle bespreek ook die rol wat sosiale media speel om kinders weerloos te maak teen mensehandel.